Art Deco Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 31 Jan 2020.

Beskrywing

Art Deco Villas is in die sonderlinge dorpie Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Middelburg is in die middel van die land en 'n ideale oornagplek

Verblyf word gebied in 3 gastekamers, albei met sy eie privaat ingang.

Kamer 3 is minder luuks as Kamer 1 en 2. Die kamer lei na 'n leefarea en kombuis, en beskik oor 'n en-suite badkamer, dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n ekstra enkelbed in die leefarea. Die kamer is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders.

Kamer 2 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n dubbelhoutdeur wat na sy eie stoep lei. Die stoep het stoepmeubels vir 2 persone. Daar is 'n braaiplek voor die stoep.

Kamer 1 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kamer het 'n dubbel houtdeur wat lei na 'n privaat stoep met stoepmeubels vir 2 persone.

Langs die kamer, met direkte toegang, is 'n woonkamer met 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas, stoof en mikrogolfoond. Die eetkamertafel het sitplek vir 8 persone. Die woonkamer het ook dubbelhoutdeure wat na 'n derde stoep met sitplek vir 6 persone lei. Direk voor die stoep is 'n braaiplek. Braaipakke, bestaande uit Karoolam-tjops en boerewors, is op die perseel beskikbaar.

Al drie stoepe kyk uit oor 'n groot tuin met lowergroen gras en groot inheemse bome waar voëls van vroeg tot laat kuier. Dit is ideaal vir 'n skemerkelkie in die stilte van die Karoo na 'n lang reis.

Doendinge in die omgewing sluit 'n besoek aan die Uilhuis van Nieu-Bethesda, die Vallei van Verlatenheid in die Camdeboo Nasionale Park naby Graaff-Reinet en die Bergkwagga Nasionale Park naby Cradock in.

Agter die gastehuis is veilige onderdakparkering en toegang word beheer met 'n staalskuifhek wat met 'n afstandbeheer werk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Art Deco Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R800 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 31 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za