LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Artist's Cottage | LekkeSlaap
+11

Artist's Cottage

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bothastraat 10, Ladybrand, 9724, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Artist's Cottage is 'n ruim kothuis vir 6 gaste in Ladybrand.

Dié kothuis is met verskillede stukke kuns versier, is ruim en beskik oor 2 slaapkamers. Een van die kamers het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Warmwater word deur middel van 'n sonkraggeyser voorsien. 'n Dubbelslaapbank is in die sitkamer beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die eetkamertafel geniet word. 'n Wasmasjien is beskikbaar.

Die sitarea het 'n TV met 'n DVD-speler en gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaart saam te bring. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kothuis lei na 'n onderdakstoep en gaste het 'n privaat tuin. Troeteldiere is welkom indien vooraf gereël. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Artist's Cottage is op dieselfde perseel as Thandi Sliepen se galery en is stapafstand van die dorp af. Gaste kan die verskeie rotskunsterreine in die area besoek. Een van hierdie terreine is die erfenisgebied, Tandjiesberg.

Slaapplek

’n Bespreking by Artist's Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Artist's Cottage
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Bothastraat 10, Ladybrand, 9724, Vrystaat
  • Gaste dink Artist's Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bothastraat 10, Ladybrand, 9724, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8oanApnMGCEaR2FGi5oLvE2IST72wJ7NhIjv93xEKljb4r0gTf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 6 persone) 1 5 1 5 10 Botha Street Ladybrand 9724 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.200132763828 27.457786997553
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!