LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Arundel Studios | LekkeSlaap
+27

Arundel Studios

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bethel-landgoed, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Arundel Studios het asemrowende, onbelemmerde uitsigte op die Malutiberge en gaste word wakker met 'n wonderskone uitsig van Golden Gate. Gaste kan ervaar hoe dit is om in harmonie saam met die natuur te leef. Hier kan hulle weer die waarde van stilte besef en die natuurlike skoonheid van die natuur geniet.

Arundel is sowat 2 km vanaf Clarens en is op 4 hektaar naby die rivier op die Bethel Landgoed geleë. Die landgoed is hoog geleë en spog met uitsigte op Berg Horeb, Golden Gate, die Malutiberge en die Witteberge in die rigting van Ficksburg. Dit bied die beste van twee wêrelde met die stil natuur én nabyheid aan Clarens. Clarens is die skat van die Oos-Vrystaat en bied lieflike besienswaardighede.

Verblyf word in 2 selfsorg-ateljees gebied, elk met sy eie ingang en vollengte vensters met ongelooflike berg-uitsigte. Elke ligte, lugtige oopplan-eenheid van 24 m² het 'n koningingrootte-bed, 'n leefarea met 'n kaggel en 'n eetarea en 'n en suite-badkamer. Linne, 'n elektriese kombers en handdoeke word voorsien.

Berei jou eie geregte voor in ons volledig toegeruste, handgemaakte kombuis met graniet-oppervlaktes, vrystaande vlekvryestaal elektriese stoof met gasstoof, mikrogolfoond, en yskas met 'n eindelose voorraad van ons eie mineraalwater uit die berg, of besoek een van die ouwêreldse restaurante in Clarens.

Hierdie aantreklike ateljees het elkeen 'n onderdakstoep met braaigeriewe en tuinmeubels waar jy kan ontspan en jouself verlustig in die uitsigte na 'n dag se stap, bergfietsry, gholfspeel of ontspanning langs die rivier.

Daar is 'n piekniekarea by Klein Caledon waar gaste in die river kan swem of visvang.

Arundel is die ideale basis vanwaar jy avontuurlustige doendinge kan aanpak, ontspan en uitgaan vir romantiese etes in Clarens. Die eienaars sal jou help met jou keuses. Rook is verbode in die ateljees, maar daar is asbakkies op die stoep beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans
  • Duits
  • Sweeds

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 112 resensies vir Arundel Studios
Netheid
4.8/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Bethel-landgoed, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Arundel Studios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bethel-landgoed, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKwsypnkYzG0T4Js7jWmXldOymKE7HnNxbwdBz2pdIJcni6Wm0x?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 112 5 1 5 Bethel Estate Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.543417025748 28.447559743004
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!