Ascot Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ascot Place is in Greenacres, die sentrale, boomryke woonbuurt in Port Elizabeth geleë. Dit is net 6 minute van die Nelson Mandela Bay Stadion, 3 minute van Greenacres se winkelsentrum en 11 minute van die hoofstrande af. Ons bied gerieflike akkommodasie aan sakereisigers en vakansiegangers.

Ascot Place het 3 kamers:
Kamer 1 het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, 'n kombuisie, gratis WiFi, 'n TV met DStv en koffie- en teemaakgeriewe.
Kamer 2 het 1 koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer, 'n kombuisie, gratis WiFi, 'n TV met DStv en koffie- en teemaakgeriewe.
Hierdie twee skakelkamers kan apart of as 'n eenheid gehuur word.
Kamer 3 is in die hoofhuis en is toegerus met 1 dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, gratis WiFi, 'n TV met DStv, 'n haardroër en koffie- en teemaakgeriewe.

Ascot Place is net 2 minute van Port Elizabeth se gholfbaan en 'n klein entjie se stap van Collegiate Girls' High School af. Verskeie restaurante, filmteaters en 'n gimnasium is in die omgewing.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ascot Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za