Asher's In The Strand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Asher's In The Strand is 'n selfsorg-vakansiehuis 1 blok van Strand se Gouemyl af. Gaste kan lekker langs een van die Wes-Kaap se veiligste en skoonste strande wandel. Die huis is só ingerig dat gesinne of vriende lekker saam kan kuier. Die huis is ook troeteldiervriendelik. Gaste moet asb. vooraf navraag doen oor die troeteldierbeleid.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 1 dubbelstapelbed en 1 tripelstapelbed (enkelbed bo en dubbelbed onder). Daar is 2 dubbelslaapbanke in die leefarea en dis geskik vir kinders.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n waskamer. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met 'n DStv-dekodeerder (gaste moet hulle eie slimkaart saambring), onbeperkte WiFi en Netflix Premium-pakket.

Daar is 'n kaggel, buitebraai, swembad en 'n groot voortuin met 'n boomhuis, sandput, klimtou, 2 basketbal-doelringe en 'n swaai waar kinders kan speel. Gaste het toegang tot parkeerplek vir 5 voertuie. 'n Hoë grensmuur en alarmstelsel maak die huis baie veilig en privaat.

Dis in 'n stil buurt langs die Lourensrivier geleë en die pragtige Strand Gholfklub, Somerset Mall, Strand Waterworld en 'n verskeidenheid doendinge is naby.

Slaapplek

'n Bespreking by Asher's In The Strand sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Area 1 - Huisves 4 kinders
2 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Asher's In The Strand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za