Askham Akkommodasie by Askham Chalets | LekkeSlaap
+58

Askham Chalets

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 80, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hierdie afgesonderde kothuise bied die rus en vrede waarvoor die Kalahari bekend is. Hier kan jy asemrowende sonsondergange aanskou en kyk hoe die sterrehemel bo die Kalahari-sand skitter.

Ons gesinseenheid bestaan uit 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 2 driekwartbeddens. Daar is 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond en 2 stoofplate, 'n mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n 200 l-yskas. Al die breekware en eetgerei word voorsien. Daar is 'n braai op die dek en die kothuis is veilig en omhein met 1,8 m heining. Ons het 2 eenhede met slaapplek vir 2. Elkeen het 'n privaat braaiplek en sy eie badkamer en kombuisarea. Ons 2 nuwe eenhede het elkeen 'n dubbelbed en 'n driekwartbed wat met 'n afskorting geskei word. Die gemeenskaplike braai-area is ook nou gereed vir gebruik en ons plonspoel is so te sê voltooi.

Elke chalet het 'n motorafdak waar jy jou voertuig in die skaduwee kan parkeer met 'n kragpunt vir 'n ingeboude yskas. Nuttig gerus ontbyt of 'n ligte maaltyd, tydens kantoorure, by die koffiewinkel op die dorp as jy nie lus het om self te kook nie. Daar is ook winkels wat kitskos, hout, vleis en drank verkoop. Dis oop van 17:00 tot 21:00.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 21 resensies vir Askham Chalets
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Staanplek 80, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Gaste dink Askham Chalets het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 80, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDllYzJmMGRmLWFhODUtNDc2OS04ODU4LTUwNWQ0ZTMyN2Y0Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 21 5 1 5 Stand 80 Askham 8814 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.984003665609 20.783486871719
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za