Assendelft Lodge & Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

'n Outentieke Karoo-ervaring ...

Die eksklusiewe Assendelft Lodge & Bush Camp bied luukse lodge- of safari-styl akkommodasie in die Groot Karoo naby Beaufort-Wes, Leeu-Gamka, Laingsburg en Prins Albert.

Kom ervaar een van die wêreld se mees unieke woestynagtige gebiede en geniet die rustigheid en kalmte van die Karoo - rus, ontspan, verfris en herlaai jou batterye!

Assendelft Lodge is die ideale oornagplek vir toeriste wat besig is met 'n lang reis. Ons bied vier elegant versierde slaapkamers met lugversorging, dubbelbeddens en en suite-badkamers. Elke kamer het sy eie privaat ingang met 'n patio waar 'n drankie geniet kan word én die Karoo se betowerende sterreprag gesien kan word. Sit snoesig in die sitkamer gedurende koue wintermaande voor die kaggel of geniet 'n heerlike maaltyd voor die kaggel in die eetkamer of geniet ons sjef se spesiale tradisionele lamsbraai terwyl jy kyk hoe die mak springbokkies om die lodge wei. Kinders kan ook die springbokke voer, eiers uit ons hoenderhok haal en help om ons perd te voer.

Ons bied 'n restaurant waar jy ontbyt, middag- of aandete kan geniet. Die kombuis sluit om 19:00 en open weer om 07:00 soggens. Ons het ook 'n volledige dranklisensie.

Vir gaste wat na 'n ervaring nader aan die natuur smag, is die Assendelft Boskamp ideaal. Ons bied akkommodasie in 'n in 'n boskamp in die Karooveld, 1,7 km van die hoofgebou af. Dit bied (safari-styl) boskampgeriewe in 5 luukse tent-chalets met en suite-geriewe en sonkragligte. Daar is geen ander elektrisiteit in die Boskamp nie. Warm water word deur twee tradisionele "donkies" voorsien. Elke chalet het sy eie braai-area waar gaste kan braai en die sterrehemel in die aand kan geniet, omring deur wild soos gemsbokke, wildebeeste, wit- en geelblesbokke, wit-, swart en koperspringbokke en sebras.

Daar is ook 'n goed toegeruste gemeenskaplike kombuis met kosmaak- en braaitoebehore, sowel as 'n sonkrag-yskas, vrieskas en gasstoof. Groter groepe kan maaltye onder die hout-lapa geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Assendelft Lodge & Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za