Astrandt 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Astrandt 2 is 'n eenheid op die boonste verdieping van 'n byderwetse, helder strandkothuis in Paternoster. Dis net 40 m vanaf die see met direkte toegang tot die pragtige strand. Dit bied pragtige uitsigte oor die oseaan. Let asb. dat daar nog 'n eenheid onder Astrandt 2 is.

Dié eenheid het 'n oopplan-slaaparea met 'n dubbelbed, 'n badkamer met net 'n stort, 'n kombuis, eetarea en 'n sitkamer. Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese oond en 'n stoof, 'n yskas, 'n broodrooster en 'n ketel. Die leefarea het 'n TV met volledige DStv, paneelverwarmers en 'n kaggel vir koue dae.

Buite is daar parkeerplek op die perseel en 2 braai-areas. Troeteldiere en kinders word ongelukkig nie toegelaat nie. WiFi is in die kantoor beskikbaar.

Paternoster is 'n bekoorlike vissersdorpie aan die Weskus wat maar net 90 minte se ry vanaf Kaapstad is. Dié rustige dorpie is die perfekte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Hiér word gaste daagliks deur die branders, die seemeeue en soms die mishoring vermaak.

Slaapplek

'n Bespreking by Astrandt 2 sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Astrandt 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za