At 22 The Village on Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

At 22 The Village on Beach is 'n selfsorgwoonstel in Houtbaai, 'n pragtige kuswoonbuurt in Kaapstad. Dis ideaal geleë net 20 minute vanaf die middestad en al die gewilde besienswaardighede. Houtbaai het 'n plattelandse atmosfeer en word omring deur blou see, manjifieke berge en eklektiese winkels en restaurante.

The Village-woonstelblok is in die hartjie van Houtbaai geleë naby die hoofstrand en word omring deur wonderlike winkels, verskeie restaurante, koffiewinkels en ontbytplekke. Die strand is net 'n paar meter ver en jy hoef net oor die straat te stap en dan is jy op die sand.

Die woonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Dié slaapkamer het toegang tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n slaapbank in die sitkamer. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste, terwyl die sitkamer 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale het. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die leefarea lei na 'n ruim balkon met buitemeubels en braaigeriewe. Van hier af het gaste 'n lieflike uitsig oor die see, strand en berge. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, 'n groot, verhitte, binnenshuise swembad vir die gebruik van inwoners en huurders, 'n hysbak na alle vlakke, veilige kelderparkeerplek en 'n lieflike binnehof.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At 22 The Village On Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za