At 29 Columba

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

At 29 Columba is 'n gastehuis in Suiderkruis, Groot-Brakrivier in die hartjie van die skouspelagtige Tuinroete geleë. Dit is ideaal geleë tussen George en Mosselbaai en is ideaal vir privaat gaste of families vir familiereünies. Die gastehuis kyk uit op die asemrowende Outeniekwaberge sowel as die hele Groot-Brakrivier.

Verblyf is beskikbaar in 2 ongegradeerde selfsorg-eenhede, 4 kamers op die boonste verdieping en 1 kamer op die onderste verdieping. Kamer 1 tot 4 deel die gebruik van gemeenskaplike areas soos die ten volle toegeruste kombuis, leefarea, eetarea, sitarea met DStv en 'n sitkamer met 'n TV en 'n DVD-speler, 3 balkonne waarvan een braaigeriewe het. Vier kamers het 'n privaat badkamer, maar 3 het volledige badkamers. Kamer 5 deel die leefarea met die eienaars.

Die boonste kamers kan individueel of as 'n geheel bespreek word, alhoewel vanaf die 20ste Desember tot en met die 5de Januarie, sal die 4 kamers slegs verhuur word as 'n geheel vir 'n minimum van 7 nagte.

Veilige parkeerplek word voorsien.

Die pragtige witsandstrande is net 5 minute se stap ver vanaf die huis. Die gastehuis is langsaan die N2 geleë. Dit is die pad wat loop vanaf Kaapstad tot Durban en nog verder noord. Dit bied die ideale ligging die Suid-Kaap te besoek, met George Lughawe net 20 minute se ry ver. Die perseel is naby verskeie venues, restaurante en inkopieswinkels soos De Vette Mossel, De Dekke, Transkaroo en Spar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At 29 Columba gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za