Opsomming van Resensie
Derek W - Apr 2021
Gemiddeld
Excellent establishment!
At 29 Columba se terugvoer
Baie dankie Derek vir die "review". Waardeer! Bly jy was tevrede.
Esme E - Jan 2020
Gemiddeld
Die B&B is 'n baie netjiese oornagplek in 'n mooi omgewing.
Lees meerAt 29 Columba se terugvoer
Jammer dat julle die verblyf ongemaklik gevind het, maar soos die naam aandui, is die verblyf eintlik bedoel vir jong mense wat met 'n rugsak reis, goedkoop wil bly en nie vir lang tydperke oorbly nie. Die afstand na die strand is so 5-minute se stap, met 'n paar trappe en 'n duin af na die strand, waarvoor jy sekerlik oor 'n mate van fiksheid moet beskik, anders is die strand se parkeerplek so 600m vanaf die woning.
Maria D - Mrt 2019
Gemiddeld
Dit was fantasties!
At 29 Columba se terugvoer
Beste Jacob,
Baie dankie dat julle At 29 Columba gekies het vir julle verblyf.
Ek is ook baie bly dat julle jul verblyf geniet het. Julle kan gerus meer dikwels hier kom uitrus en ontspan.
Vriendelike groete,
Marelie
Jerome D - Jan 2019
Gemiddeld
Dit was fantasties.
At 29 Columba se terugvoer
Good day Jerome,
Baie dankie vir jou resensie. Onthou om volgende keer betyds te bespreek, dan kan julle in die B&B tuisgaan, daar is baie meer ruimte en ook ten volle ingerig.
Vriendelike groete
Danette L - Des 2018
Gemiddeld
Ek sal verblyf ten sterkste aanbeveel.
At 29 Columba se terugvoer
Beste Danette, baie dankie vir jou positiewe resensie.
Helena D - Mrt 2017
Gemiddeld
Pragtige plek, veilige area, eienaar baie gasvry.
At 29 Columba se terugvoer
Baie dankie Helena,
Ek en Tjokkie het jou kort besoekie geniet. Sal jou/julle graag weer en meer dikwels wil ontvang.
Jakkie L - Jan 2017
Gemiddeld
Heerlik gebly met uitstekende ligging.
At 29 Columba se terugvoer
Baie dankie, Jakkie,
Waardeer jou insette, vir iemand wat meer as een nag in die backpackers geslaap het en ook nie meer bloedjong studente is nie. Ek bied vir jou en jou vrou ook 'n gratis nag aan in die gastehuis. Julle moet net asb. betyds bespreek.
Deon C - Jan 2017
Gemiddeld
Baie lekker.
At 29 Columba se terugvoer
Deon en Amanda
Baie dankie dat julle die moeite gedoen het om 'n resensie te skryf. Ek waardeer dit baie en so bly julle het die verblyf geniet. Ek wil julle ook graag bederf met 'n gratis aand in die Bed en Ontbyt. Bespreek net asb. betyds. Ek het die kuiers met julle baie geniet. Hoop ons sien weer gou.
Keith H - Jan 2017
Gemiddeld
Baie ongemaklik.
Lees meerAt 29 Columba se terugvoer
Ek is regtig jammer dat dit vir u ongerieflik was. Ek sou graag wou weet wie u is. Ek weet nie of die ander mense wat daar gebly het dalk nie die waarheid gepraat het nie maar, almal het gesê hulle het lekker gebly en party het selfs gesê hulle kom terug. Ek het baie seker gemaak almal weet wat hulle bespreek het en dat dit wel bedoel is vir mense wat goedkoop wil slaap en met 'n rugsak toer. Indien u op die web blad sou ingaan en meer lees oor die plekkie sou u ook sien dat daar baie mooi verduidelik word. Ook aan mense wat my gebel het, het ek verduidelik dat dit klein is en nie geskik is vir ouer mense nie. Dit is nie deel van my bed en ontbyt nie. Soos ek alreeds gesê het, het ek dit op die laaste minuut ingesit vir bespreking, omdat mense nie kon plek kry nie. Ek nooi u vriendelik uit om een nag, gratis, in my gastehuis deel te kom bly en vra dat u in die toekoms sal seker maak voordat u plekke bespreek. Ek is in die proses om 'n geskikte bed te laat maak.
Antonio A - Jan 2017
Gemiddeld
'n Kamer sonder televisie.
At 29 Columba se terugvoer
Die small self-catering flat is nie bedoel vir mense wat lank wil bly nie, maar vir mense wat goedkoop wil oornag en nie langer as 2/ 3 nagte wil bly nie. Desember moet 'n mens betyds bespreek vir vakansie akkommodasie. Almal wat daar bly, het vrye toegang tot die tuin, braaiplek en TV in sitkamer.
Engela C - Des 2016
Gemiddeld
Was baie lekker en gasvryheid word waardeer.
Sugnet W - Mrt 2016
Gemiddeld
Ek het wonderlik gebly.
Teubes P - Nov 2015
Gemiddeld
Ontspanne en rustig.
Stander J - Nov 2015
Gemiddeld
Wonderful stay
Ian F - Mei 2015
Gemiddeld
Great plek met uitstekende diens. Het gevoel of ek by my tweede huis is.
Thomas F - Apr 2015
Gemiddeld
Aangenaam.
- Kapasiteit: 21 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Columba-sirkel 29, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 5