At Home Apartments
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bezuidenhoutstraat 127, Mokopane, 0601, Limpopo
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
At Home Apartments bied gerieflike selfsorgverblyf in die bekoorlike dorpie Mokopane. Verblyf word aangebied in 2 volledig toegeruste eenslaapkamerwoonstelle wat ideaal is vir enkelreisigers, paartjies, vriende of 'n klein gesin.
Die eerste eenheid bied slaapplek aan 3 gaste of 2 volwassenes met 'n kind. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die badkamer het 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en mikrogolf toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV.
Die tweede eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes met 2 kinders of 3 volwassenes. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met 4 stoele, 'n gemaklike rusbank en 'n TV.
Gratis WiFi en veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar. Ekstra water is in tenke beskikbaar en 'n kragopwekker voorsien elektrisiteit gedurende kragonderbrekings.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Bezuidenhoutstraat 127, Mokopane, 0601, Limpopo
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bezuidenhoutstraat 127, Mokopane, 0601, Limpopo