Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

10 Besonderse berghuisies vir ’n winterwegbreek

Dis seweuur op ’n Vrydagoggend en jy sit al weer in die verkeer. Die enigste vooruitsig wat jy vandag het, is gisteraand se oorskiet-pasta in jou kosblik en bykans ’n miljoen e-posse wat lê en wag. Klink dít vir jou bekend? As jy moeg is vir swoeg en sweet om jou brood en botter te […]

Die sneeu val: Waar jy hierdie winter kan sneeukyk

Het jy al ooit in die sneeu baljaar of ’n sneeuman met ’n wortelneus gebou? As Suid-Afrikaners is ons met hanteerbare en matige weersomstandighede geseënd wat beteken dat sneeu nie vir ons ’n alledaagse verskynsel is nie. Maar dit sneeu tóg gedurende die winter in sekere dele van ons wonderskone land en LekkeSlaap wys vir […]

Oulike plekke vir 2 in die Klein-Karoo

Die betowerende Klein-Karoo is ’n minder algemene opsie vir ’n romantiese wegbreek, maar ons dink dit is ideaal! Hiér kan julle tussen asemrowende berguitsigte en in rustige valleie weer gehaltetyd saam deurbring sonder die geroesemoes van die gewone, meer gewilde wegbreekplekke aan die Kaapse kus. Die Klein-Karoo spog met plekke waar julle tussen die wingerd […]

’n Rinkinkkuier op die Tuinroete: Van Oudtshoorn tot Knysna

Hierdie week gons LekkeSlaap oor ’n kuier op die Tuinroete! Kom saam op ons reis deur asemrowende bergpasse en ontdek die wonders wat dit bied ─ pragtige natuurskoon, diere met vere tot plooie en salige toevlugsoorde. So, rol af en lees verder oor hierdie avontuur vol opwinding, skoonheid en verwondering! Kredouwpas Die Kredouwpas op die […]

Groepsverblyf met Jacuzzi’s

Groot gesinne en groepe is teen hierdie tyd al gewoond aan die unieke uitdagings wat hulle byna daagliks in die gesig staar, maar ten minste hoef verblyf g’n klip in hul pad te wees nie. Maak al die kinders, die hele familie en sommer die harige vierbeenvriende bymekaar vir ’n ontspannende wegbreek met oorgenoeg slaapplek […]

10 Blyplekke naby die Kruger-hekke

Die Krugerwildtuin is een van Suid-Afrika se juwele en lok elke jaar ’n string besoekers. LekkeSlaap het lieflike blyplekke naby die Krugerwildtuin se hekke uitgesoek om julle reis te vergemaklik. Ontspan in Sabie of rus in Skukuza, baljaar in Belfast of herlaai jou batterye in Hoedspruit. Jou volgende Wildtuin-wegbreek wag! Malelane-hek Hamiltons Lodge and Restaurant […]

12 Lekke plekke vir blommekyk in Namakwaland

Tydens blomseisoen word Namakwaland bont geverf. Dié streek is bekend vir sy skouspelagtige veldblomlandskappe wat besoekers van heinde en verre lok. In hierdie blog lys ons ‘n paar plekke waar jy sommer dié kleurvolle verskynsel vanaf jou stoep kan bewonder! Maak sommer hierdie blomkyk-uitstappie ’n paar dae lank en bespreek by een van die lekke […]

Mpumalanga: Aktiwiteite vir jou volgende avontuur

Mpumalanga is ’n pragtige provinsie propvol natuurlike wonders en avontuur-aktiwiteite wat besoekers van heinde en verre lok. Van ruwe berge, welige woude en watervalle, tot uitgestrekte vlaktes waar die wild vrylik rondloop, bied Mpumalanga ’n speelgrond vir alle soorte avontuursoekers. LekkeSlaap het ’n gids vir jou volgende besoek aan hierdie opwindende provinsie saamgestel én wys […]

World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote