At Home in Mostertsdrift

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

At Home in Mostertsdrift is 'n selfsorghuis in Mostertsdrif, Stellenbosch. Dié huis is ten volle toegerus en bied slaapplek aan 1 tot 6 gaste.

Die huis is gerieflik gemeubileer en het 3 slaapkamers: die Van der Stel Kamer, die Ivy Kamer, en Eugenia Kamer. Die hele huis word as 'n geheel bespreek. Elke kamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer en lugversorging.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, mikrogolf, yskas, en 'n wasmasjien. Gaste kan rustig ontspan in die gemeenskaplike sitkamer met 'n TV, DStv, en 'n kaggel. WiFi is ook beskikbaar.

Gaste het toegang tot die sauna, swembad en braaigeriewe. Een motorhuis en parkeerplek is beskikbaar.
Daar is 'n skoonmaakdiens beskikbaar op aanvraag teen 'n addisionele koste. Troeteldiere is welkom op versoek en teen 'n ekstra koste.

At Home in Mostertsdrift is twee honderd meter vanaf die Eersterivier wandelpad en die Lanzerac Wynlandgoed is stapafstand. Die pad na die Jonkershoek Natuurreservaat begin sowat 500 m van die huis af en het 'n aparte voetganger- en fietsry-strook. Dit het 'n verskeidenheid bergfietsroetes en is net sowat 7 km van die eiendom af geleë.

Stellenbosch is bekend vir sy wynplase en gaste kan gerus ook 'n draai maak by Eagle Encounters South Africa. Daar is ook 'n Segway-toer en in die somer kan mens aarbeie pluk by Polkadraai Plaas.

Slaapplek

'n Bespreking by At Home in Mostertsdrift sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At Home In Mostertsdrift gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za