Oesterbaai Akkommodasie by At The Beach | LekkeSlaap
+44
+44

At The Beach

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 12)
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marlyn-straat, Erf 380, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

At The Beach is 'n ruim vakansiehuis in Oesterbaai aan die Oos-Kaapse kus. Die strand is byna op dié huis se drumpel. Jeffreysbaai en verskeie restaurante en winkels is ook net om die draai.

At The Beach het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 2 enkelbeddens en 'n stapelbed in die vierde slaapkamer. Die badkamers het elkeen 'n bad of 'n stort of albei.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof en 'n oond, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea het 'n speletjieskamer met 'n tafeltennisblad en bordspeletjies. Die oopplan-sitarea bied toegang tot 'n stoep met pragtige see-uitsigte. 'n TV met 'n DStv-koppelpunt is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring. Daar is ook 'n tweede dek-area met braaigeriewe en see-uitsigte.

Oesterbaai is 25 km vanaf Humansdorp en word via 'n grondpad bereik. Kies gerus koers Jeffreysbaai toe vir 'n daguitstappie, want dié vakansiedorpie is net 40 km vanaf At The Beach en spog met heerlike swemplekke, branderry-plekke, winkels en restaurante.

Oesterbaai het 'n plaaslike algemene handelaar, 'n restaurant en 'n speelpark waar kinders kan baljaar.

Slaapplek

’n Bespreking by At The Beach sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir At The Beach
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Marlyn-straat, Erf 380, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
  • Gaste dink At The Beach het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 12)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 12)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marlyn-straat, Erf 380, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1ZGRlNTIzLTgzMGUtNGJkMC1iYjhlLWRiOTJjZDI2NGJmOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (plek vir 12) 1 5 1 5 Plot 380, Marlyn Street Oyster Bay 6300 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.173635 24.660954
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za