At the Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

At the Rocks is net 120 km van Kaapstad af aan die Weskus en het 'n uitsig oor Langebaan Natuurreservaat. Hierdie pragtige, moderne huis het 'n rustige atmosfeer en bied luisterryke uitsigte oor Schaapeneiland, die strandmeer en die Atlantiese Oseaan.

Ons het 5 stylvolle kamers met en suite-badkamers. Elke kamer is toegerus met 'n teeskinkbord, waaier, japonne, haardroër en kluis. Gaste is welkom om gebruik te maak van die TV in die sitkamer en heerlik langs die swembad te ontspan met 'n glasie witwyn in die hand - die see-uitsigte van die swembad af is absoluut betowerend!

Ons bedien 'n stewige Kontinentale ontbyt en dit is heerlik om vir die dassies te sit en kyk. Moenie verbaas wees as jy op 'n skilpad afkom gedurende 'n wandeling nie. Die voëllewe is volop en kan selfs van die huis af bewonder word. Die strandmeer is veral bekend vir al die voëls wat daar voorkom. Daar is 'n heerlik voetpaadjie van die huis af deur die veld tot by die strandmeer en die dorpskern - dit is sowat 20 minute se stap. Die dorp is sowat 7 minute se ry van At the Rocks af.

Langebaan is bekend vir sy veldblomme, asemrowende strande, pragtige strandmeer, watersport, fietsry en groot verskeidenheid voëls wat hier voorkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Portugees

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At The Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 870 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za