Atelier Isabella

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Atelier Isabella is in die pragtige dorp Kosmos naby Hartebeespoortdam geleë. Ontspan in die kunstige atmosfeer waar kuns die binnenshuise versiering aanvul en die natuur die buitekant verryk. Dié huis bied pragtige uitsigte oor die dam en op die omliggende berge. Die ingang na die huis is in Colemanstraat, aan die kant van die berg, maar daar is ook 'n ingang aan die waterkant in Simon Bekkerstraat.

Dié pragtige en stylvolle selfsorghuis het 4 dubbelslaapkamers wat elkeen 'n en suite-badkamer het. Die kamers het ook elkeen 'n balkon en 'n pragtige uitsig oor die Hartbeespoortdam. Daar is 3 kamers met koningingrootte-beddens en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is nog 'n dubbelbed, maar dié slaapplek is ongelukkig nie privaat nie.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en 'n oond. Daar is 'n opwas-area met skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die waskamer het strykgeriewe en 'n tweede wasmasjien. Die eetkamer het 'n tafel waar 6 mense kan sit. Die sitkamer het 'n TV met DStv.

Vir ontspanning kan jy die afgesonderde onderdakbraai, die patio en die pragtige swembad geniet. Daar is 'n tafel met sitplek vir 12. Daar is 'n klein leefarea met 'n TV met DStv.

Die Hartbeespoortdam is reg voor die huis so 'n mens kan lekker gaan visvang of langs die dam stap.

Slaapplek

'n Bespreking by Atelier Isabella sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atelier Isabella gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 000 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]