Hogsback Akkommodasie by Athanor-Hogsback | LekkeSlaap
+23

Athanor-Hogsback

  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watervalrylaan 10, Hogsback, 5712, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Athanor is in Hogsback, 'n betowerende dorpie in die Oos-Kaap geleë. Dit bied gehalteverblyf wat ideaal is vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges. Athanor spog met fenomenale uitsigte oor die Thyme-vallei.

Verblyf word gebied in 'n eenslaapkamer-kothuis en 'n gesinskothuis.

Die eenslaapkamer-kothuis is ingerig met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis en leefarea is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is gemaklike sitplek, 'n dubbelslaapbank en 'n TV in die sitarea.

Die gesinskothuis beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n kombuis wat toegerus is met al die benodighede vir selfsorgverblyf. Daar is 'n dagbed, enkelslaapbank en 'n TV in die sitarea.

Gaste kan tot by pragtige watervalle stap of een van verskeie staproetes in die omtrek en op die perseel inslaan. Die area is ook 'n lushof vir voëlkykers aangesien daar so 'n ryk verskeidenheid voëls hier voorkom.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Athanor-Hogsback
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Watervalrylaan 10, Hogsback, 5712, Oos-Kaap
  • Gaste dink Athanor-Hogsback het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watervalrylaan 10, Hogsback, 5712, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxN2NiYTNiLWUwZmMtNGUyOC1iMGZhLTkxMTQzNmJiZTMwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 10 Waterfall Drive Hogsback 5712 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.590221 26.918463
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za