ATKV Goudini Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tussen die majestueuse en sprokiesagtige berge van die grasgroen Breederiviervallei lê Goudini Spa, een van die gewildste vakansie- en konferensiebestemmings in die Wes-Kaap. Natuur- en buitelugliefhebbers sal mal wees oor die oase wat ons bied waar vars lug, wingerde en berge jou omring. Ons natuurlike waterbronne sal jou ook betower!

Die oord bied 2-ster-, 3-ster- en 4-ster-selfsorgverblyf, vermaak, ontspanningsfasiliteite en vele meer. Of jy vry van gees is, of hier is vir werk, ons het wat jy soek. Die oord is geleë op die bekende, en beeldskone Roete 62, een van die mees diverse wynroetes ter wêreld.

Alle eenhede is toegerus met beddegoed, ketels, broodroosters, eetgerei en kookware, kombuisgereedskap, TV met DStv-kanale, mikrogolfoond, area vir kosmaak, yskas, waaiers en braaigeriewe buite. Elke eenheid het 'n stort en/of bad en toilet.

Elke eenheid akkommodeer 'n beperkte aantal mense: Dit sluit kinders vanaf 3 jaar oud tot volwassenes in. Kinders onder 3 jaar oud bly gratis, mits dit saam met hulle ouers is. Geen ekstra persone word in 'n eenheid toegelaat sonder vooraf reëlings met die bestuur nie. Ons tariewe is per eenheid.

Die Boland-kompleks is 'n 4-ster ontwikkeling by ATKV Goudini Spa vakansie-oord. Daar is 18 huise, 10 simplekse en 8 duplekshuise, gebou in 'n sirkel, elk met 'n tuinmuur van mekaar geskei vir privaatheid. Die oord het 'n wassery met wasmasjiene en tuimeldroërs wat met munte werk wat by die oord beskikbaar is – bring asb. jou eie strykyster. Dit kyk uit oor die sentrale swembadarea en lapa, wat ook vir privaat funksies gehuur kan word. (Doen asb. navraag by die konferensiesentrum hieroor.)

Ons het fantastiese konferensiefasiliteite en kan tot 800 insittendes akkommodeer. Daar is altesaam 9 konferensiesale wat gehuur kan word. En natuurlik maak die Boland en sy berge die perfekte agtergrond vir 'n sprokiestroue!

Neem kennis:
Let asb. daarop dat ATKV Goudini Spa altyd die gas se belange op die hart dra. Ons stel ons gaste eerste en het dus verskeie instandhoudings- en opgraderingsprojekte by die oord. Indien jy voel dat hierdie projekte jou verblyf by ons sal steur, kontak ons asb. voor die inklokdatum vir meer inligting.

Tariewe mag verander sonder vooraf kennisgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na ATKV Goudini Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za