LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Atlantic 4 shore | LekkeSlaap
+14

Atlantic 4 shore

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Visvangerstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Atlantic 4 Shore is 'n selfsorghuis in Paternoster. Dié unieke vissersdorpie lê aan Suid-Afrika se weskus. Dit is 'n gewilde bestemming vir vakansiegangers wat op soek is na 'n Mediterreense atmosfeer, hemelblou water, afgewitte kothuisies en 'n eindelose wit strand.

Die huis bied slaapplek vir 8 mense en bestaan uit 4 ruim dubbelslaapkamers en 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer, 'n kuier-area, en 1 motorhuis.

Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste, 'n kaggel, 'n pragtige, volledige en suite-badkamer, en 'n deur wat na buite lei. Die tweede slaapkamer is die ruim solder met ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander twee kamers is gesinslaapkamers met 'n gedeelde en suite-badkamer en ingeboude kaste.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolf. En die sitarea het 'n platskerm-TV en skuifdeure wat lei na die kuier-area met 'n ingeboude braaiplek.

Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad op die R27 en 15 km noordwes van Vredenburg. Dit is 'n gunsteling-naweekbestemming vir Kapenaars. Die Weskus is bekend vir sy diverse spesies en die hoë vlak van endemisme maak dit 'n besonderse plek om veldblomme te gaan kyk.

Slaapplek

’n Bespreking by Atlantic 4 shore sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.1 uit 5van 3 resensies vir Atlantic 4 shore
Netheid
4.0/5
Diens
3.7/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
2.7/5
Waarde vir geld
3.3/5

Ligging

  • Visvangerstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Visvangerstraat 4, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiMThlYmY2LTE5NTctNDFlOC04ODVkLTBmZTJlNDk1NmY2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (plek vir 8) 3 5 1 4 52 Visvanger Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -32.808989093547 17.898137290213
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!