Atlantic 62

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Atlantic 62 is 'n luukse selfsorgwoonstel en konferensie-oord in Yzerfontein. Dis net 60 minute se ry vanaf Kaapstad en ideaal vir vakansiegangers, sakereisigers of groepe.

Dié eenheid het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste en tweede kamer is na die Weskus-voëls, die pelikaan en seevoël, vernoem. Albei kamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met baddens, storte, toilette en wasbakke. Dié kamers deel 'n skuifdeur wat lei na die stoep. Die derde en vierde kamer is vernoem na die swarttobie en die Kaapse malgas, en elke kamer het 2 enkelbeddens met toegang tot 'n sit- en eetarea. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, gasstoof, oond, yskas en kookgerei. Daar is ook 'n opwasarea met 'n yskas, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8 en die sitarea het 'n gemaklike leerbank, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n binnebraai.

Die leefarea lei na 'n stoep en braai-area, en bied 'n lieflike uitsig oor Dasseneiland en op Tafelberg in die verte.

Atlantic 62 bied ook mini-konferensiegeriewe aan 8 tot 10 afgevaardigdes. Dit bied tegnologie vir voorleggings en werkswinkels, en daar is ook 'n ingeboude kroeg en 'n yskas met water en wyn.

Slaapplek

'n Bespreking by Atlantic 62 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic 62 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 100 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za