Atlantic Beach Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 15 Nov 2019 tot 15 Jan 2020.

Beskrywing

Die kleinskaalse Atlantic Beach Hotel is in die rustige dorpie, Melkbosstrand geleë - die poort tot die Weskus. Dit is 300 m vanaf 'n ongerepte strand van 7 km en bied 'n ongeëwenaarde uitsig op die ikoniese Tafelberg. Die hotel word privaat en onafhanklik bestuur en het in 2009 ontstaan. Dié hotel is versier in 'n ongekunstelde styl met sagte skakerings wat sy ligging langs die kus weerspieël.

Verblyf word in ruim en suite-slaapkamers aangebied. Let asb. daarop dat rook verbode is in die kamers. Elke kamer is ingerig met lugversorging en verhitting, 'n gratis kroegie, telefoon, TV met sekere DStv-kanale, WiFi, elektroniese skootrekenaarkluis, koffie- en teemaakgeriewe, haardroër en 'n elektroniese skeermesprop.

Hotelgeriewe sluit die BELON-kroeg, -restaurant, -terras en 'n konferensiesentrum met 3 venues in. Verder is daar ook moderne geriewe onder meer 'n besigheidsentrum met werkstasies, gratis WiFi in die hotel en veilige parkeerplek op die perseel. Ons missie is om vriendelike, menslike en professionele diens te lewer of jy nou kom vir besigheid of vir vakansie. Ons wil graag hê jou ervaring moet die moeite werd wees.

Die Atlantic Beach Hotel is ongeveer 30 km van Kaapstad se middestad en sowat 40 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Dit is die ideale plek as jy wil rus of vir besigheid. Nabygeleë besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit strande, restaurante, swem, brander- en seilplankry, sweefski, 4x4-roetes, gholf, perdry en natuurreservate in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic Beach Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 R1 167 per nag (vir 2 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 15 Nov 2019 tot 15 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za