Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Auberge Clermont

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Auberge Clermont, Robertsvleiweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Auberge Clermont is in die mooi wynvallei van Franschhoek, geleë. Die gastehuis is geskep in die ou wynkelder tussen die Chardonnay, Sauvignon Blanc en ander klassieke Bordeaux rooi-wingerde van Frankryk.

Auberge Clermont bied verblyf in 6 luukse kamers, elkeen met 'n en suite-badkamer. Elke kamer is individueel gemeubileer en versier in die kleure en gevoel van Provence. Elke kamer bevat geriewe soos 'n Nespresso-koffiemasjien, teemaakgeriewe, 'n kroegie en hoëspoed WiFi-toegang.

Die solderkamers is lig en stylvol met fantastiese uitsigte oor die berge en wingerde, terwyl ons swembadkamers oor die pruimboorde en majestueuse berge uitkyk. Die badkamers is lieflik en meeste het aparte storte, dubbelwasbakke en verhitte handoekrelings. Daar is ondervloerse verhitting, plafonwaaiers en lugversorging om te verseker dat jy heel jaar gemaklik is. Die hopeloos romantiese en suite-kamer het 'n oorgrootte-bad, dubbelstort en 'n koninggrootte-bed onder 'n handgeverfde, pastorale plafon versier met wolke en voëls.

Talm oor 'n heerlike plattelandse ontbyt onder die 140 jaar-oue eikeboom of in die bekoorlike eetkamer wanneer jy hier tuisgaan. Ons swembad buite bied 'n uitsig oor die pruimboorde en daar is 'n tennisbaan vir ons meer energieke gaste.

Auberge Clermont het ook 'n historiese, drieslaapkamer-villa wat toegerus is vir selfsorg. Dié afgesonderde, oorspronklike Kaapse plaashuis is beeldskoon gemeubileer en het 'n groot bedekte terras, 'n fantastiese privaat swembad en beeldskone uitsigte oor die Franschhoekberge. Die 2 slaapkamers op die grondvloer het elkeen 'n volledige badkamer. Een is en suite. Die groot, lugtige solderkamer is versier in beeldskone bergskakerings van wit en blou en het 'n en suite-stortkamer. Die enigste ingang is deur 'n buitetrap en dis dus ideaal vir onafhanklike tieners of volwassenes. Onder is daar lieflike oop spasies waar jy tyd saam met jou familie kan spandeer. Die kombuis is volledig toegerus en het ook 'n Nespresso-koffiemasjien. Dis toegerus met 'n wasmasjien, strykgeriewe, 'n iPod-koppelstasie, satelliet-TV en 'n DVD-speler, houtvuurkaggel, gasbraaigeriewe, losstaande waaiers en verwarmers en haardroërs. Daar is eetareas binne en buite vir 'n onvergeetlike vakansie. Ons kan ook, indien dit gereël word, 'n Kontinentale ontbyt bedien teen ekstra koste.

Daar is perdryroetes beskikbaar op die naburige plase, skilderagtige staproetes en pasgemaakte wyntoere om maar slegs 'n paar van die doendinge te noem. Die geur van rose, roosmaryn en laventel is oral met stil en rustige klanke van die plaas en die voëls as begeleiding. Jy is ook welkom om te gaan stap in die wingerde, gevleuel deur wit roosbome, of stap deur die laventel-wandelpad na ons piekniekplek op die oewer van die rivier.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir Auberge Clermont
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gordon & Angela Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 13

Ligging

  • Auberge Clermont, Robertsvleiweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Auberge Clermont het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Auberge Clermont, Robertsvleiweg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUyNzIxZGE1LTc3N2QtNDliNS04YTY1LWMxZjQyZDc4OTEyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Auberge Clermont Robertsvlei Road 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.919961 19.115255
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem