Avalon Guest Manor
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Loerie Straat, , Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Avalon Guest Manor is in die hartjie van Aviary Hill in Newcastle geleë, net 10 minute van die sakekern af. Dit is die ideale wegbreekplek vir sakereisigers en vakansiegangers. Ons is ideaal geleë om persoonlike en oordeelkundige gasvryheid te lewer. Die klassieke standaarde van uitnemendheid dateer terug uit 'n grasieuse tydperk waar hope aandag aan detail geskenk is. Avalon is perfek vir gaste wat op soek is na elegante verblyf met uitstekende diens en luuksheid, asook die persoonlike bekoring wat net by kleiner instansies gevind word.
Verblyf word aangebied in luukse en suite-gastekamers wat elk met grasie en styl ingerig is en individueel versier is.
Die terras en swembad word omring deur koloniale argitektuur en dit is net die plek om te ontspan na 'n lang dag op kantoor. Sit terug, skop jou skoene uit en ontspan met 'n glas heerlike wyn.
Gaste word genooi om maaltye te geniet in die luukse eetkamer (Gabriella's). Die kombuisbestuurder sal sorg dat uitstekende diens en oorspronklike Suid-Afrikaanse disse 'n onvergeetlike ervaring skep. Die onoortreflike ontbyte en smullekker aandetes sal elke gas se mond laat water vir nog.
Gaste kan ook voor aandete 'n drankie geniet in die kroeg, Chris’s Bar, of op die terras. Die kroeg het 'n klassieke kontemporêre tema waar gaste lekker kan kuier met 'n yskoue plaaslike bier of 'n glasie Suid-Afrikaanse wyn. Die eerlikheidskroeg is slegs beskikbaar vir inwoners en hul kuiergaste.
Avalon Guest Manor is ook ideaal vir eksklusiewe funksies of klein konferensies en kan tot 12 afgevaardigdes akkommodeer. Die raadsaal is so ontwerp om aan sakelui die perfekte plek te bied vir hul vergaderings en voorleggings.
Avalon Guest Manor bied 'n eksklusiewe onthaallokaal met 'n kapasiteit vir 55 gaste om seker te maak dat uitsonderlike kwaliteit en diens aan die orde van die dag is. Avalon Guest Manor is die oplossing vir skemerkelkiepartytjies vir 40 gaste, 5 kliënte vir 'n middagete of aandete of 20 gaste vir 'n braai.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Witborde
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Geraldine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 12 Loerie Straat, , Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Avalon Guest Manor het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Newcastle KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 48 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Loerie Straat, , Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang