Aviators Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aviators Retreat is in Noordheuwel, Krugersdorp geleë en word deur 'n familie besit en bestuur. Hierdie gastehuis het sy deure in 2008 oopgemaak en ons streef daarna om ons gaste net so tuis soos by hulle eie huise te laat voel.

Ons bied volledig gemeubileerde kamers met en suite-badkamers, selfsorg-geriewe, asemrowende uitsigte en privaat ingange. Ideale oornagverblyf vir sakereisigers en paartjies. Elke kamer het beddens, kaste, 'n badkamer met bad en stort, TV met optionele DStv en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond en stoof.

Geriewe op die perseel sluit ’n braai- en kroegarea, swembad, veilige parkeerplek agter die hoofhuis in (nie sigbaar van die straat af nie). Elke kamer het sy eie afstandbeheer vir die elektriese hek en daar is genoeg beligting op die perseel sodat jy veilig sal voel as jy in die nag terugkeer.

Aviator is naby aan die hartjie van die Wieg van die Mensdom, 10 km van die Leeu- en Renosterpark af, net 3 km vanaf die Silverstar Casino en verskeie winkelsentrums is ook naby.

As jy op soek is na oornagverblyf tussen jou bestemmings het jou soektog sopas tot 'n einde gekom. Die nagrus en ontbyt wat hier op jou wag sal jou so reg soos 'n roer hê vir die dag se uitdagings wat voorlê.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aviators Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za