Avonsrus

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 22 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Beskrywing

Avonsrus bied gehalte-verblyf vir 8 gaste en is die ideale oornagplek vir avontuurlustige natuurliefhebbers en sakereisigers. Die huis is naby die Augrabies-waterval wat dit die perfekte plek vanwaar gaste die doendinge van die omgewing kan verken.

Avonsrus is 'n opgeknapte plaashuis wat oorspronklik in 1954 gebou is. Die huis beskik oor lugversorging en 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 1 stapelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, oondjie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek, asook 2 slaapbanke om ekstra gaste te akkommodeer.

Daar is 'n lieflike braai-area en wingerdhout is te koop om heerlik vuur te maak terwyl jy onder die sterrehemel kuier en die rustigheid geniet wat net die platteland kan bied. Kinders kan lekker op die groot erf en klimraam klouter en baljaar.

Braai- en ontbytpakkies is op versoek beskikbaar. 'n Plaas-ontbyt en -aandete kan op versoek voorsien word. Gratis WiFi is beskikbaar sowel as volle DStv en Netflix.

Daar is 'n basiese winkel en 'n skoonheidsalon stapafstand van die huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Avonsrus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Avonsrus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 R2 340 per nag (vir 7 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 22 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za