B'sorah Luxury Tented Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

B'sorah Luxury Tented Camp is naby die Hartbeesportdam en die Magaliesberge geleë, minder as 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria af. Alhoewel dit so naby die stede is, bevind gaste hulself in 'n ander wêreld waar hulle Afrika op sy beste kan beleef.

Dié plaas van 1600 hektaar bestaan uit digte bos, oop grasveld en rivierplantegroei al langs die oewer van stroompies wat in die Skeerpoortrivier uitloop. Wild sluit koedoes, njalas, waterbokke, rooibokke, blesbokke, vlakvarke, bobbejane en nagdiere soos die bruin hiëna en jakkals in. Hier kan gaste ontspan en na die gekwetter van voëls luister en in die teenwoordigheid van wild wees.

B'sorah se eko-vriendelike luukse tente is weggesteek langs 'n rustige stroom in die Magaliesbosveld. Elke tent se ligging is perfek gekies sodat gaste die uitsig oor die bosveld in totale privaatheid kan geniet. Die area bied 'n romantiese en rustige atmosfeer.

Dié kamp word omring deur die Hartbeespoort en Magaliesberg se natuur en geskiedenis en is perfek vir gaste wat die area wil verken. Die plaas an te voet of per fiets verken word en is enige natuurliefhebber se paradys.

B'sorah is die plek om die fyner dinge in die lewe in die natuurskoon te geniet terwyl vriendelike personeel gaste verwelkom en die verblyf so gerieflik as moontlik maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na B'sorah Luxury Tented Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 320 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]