Bali Biasa Piet Retief

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bali Biasa is in die hartjie van Piet Retief in Mpumalanga, op die Reënboogroete en ongeveer 30 km van Swaziland af. Die gastehuis bied luukse verblyf in 'n hartlike en rustige atmosfeer. Dit is die ideale akkommodasie vir sakereisigers én toeriste.

Die gastehuis het 17 smaakvol versierde slaapkamers, elkeen met sy eie ingang. Die slaapkamers is ingerig met of 'n dubbelbed of 'n koningingrootte-bed. Elke slaapkamer het wit perkallinne, sekere DStv-kanale, koffie- en teeskinkbord en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad.

Geriewe by die gastehuis sluit die volgende in: braaigeriewe, wasgoedgeriewe, parkeerplek op die perseel, veiligheidswag en WiFi. Ontbyt word daagliks bedien, Sondae uitgesluit. Ontbyt of middagete kan gereël word op versoek.

Piet Retief bied 'n wye verskeidenheid plekke waar jy voëls kan kyk. Visvang is nog 'n goeie manier om jou tyd te bestee, aangesien hier baie damme, riviere en strome is. Die inheemse geelstert asook die Natalse geelstert is volop. Gaste het ook toegang tot staproetes soos die Assegai, 'n gewilde paadjie deur ongelooflike berg-areas, die Phongolo Highlands-paadjie en nog vele meer.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bali Biasa Piet Retief gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | b[email protected]