by Ballito Luxury Apartment with Sea View | LekkeSlaap
+15

Ballito Luxury Apartment with Sea View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jack Powell-straat, La Pirogue-kompleks, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ballito Luxury Apartment with Sea View is 'n selfsorgwoonstel in die veilige La Pirogue-kompleks in Ballito. Die kompleks is net 500 m van Ballito se hoofstrand af. Die woonstel is die ideale wegbreekplek vir gesinne of vriende.

Dié groot woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers en die leefarea het lugversorging.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër, sowel as 'n toonbank met stoele. Die eetarea het 'n etenstafel met 8 sitplekke en stoele. Die sitkamer het 'n slim-TV met Netflix en DStv, asook onbeperkte WiFi. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met gasbraaigeriewe en 'n gedeeltelike uitsigte oor die see.

'n Enkeltoesluitmotorhuis word voorsien, en daar is ekstra parkeerplek beskikbaar. Die La Pirogue-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembadarea en dis oorkant die strand.

Slaapplek

’n Bespreking by Ballito Luxury Apartment with Sea View sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Ballito Luxury Apartment with Sea View
Netheid
4.4/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Jack Powell-straat, La Pirogue-kompleks, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ballito Luxury Apartment with Sea View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jack Powell-straat, La Pirogue-kompleks, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2c0ec1f40a790418525508e15ebbd9d97eae4fb843a46379345090ae04cffd35739b316c49e8e67b35b0974acac90dff34d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Jack Powell Street La Pirogue complex 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-15:00 10:00 -29.533653749871 31.220934096295
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem