Ballito Manor View 302

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ballito Manor View 302 is 'n pragtige vakansiewoonstel in 'n veilige strandfront-kompleks in Willard-strand, Ballito. Dié prentjiemooi dorpie is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na 'n kuswegbreek en lang strande.

Dié tweeslaapkamerwoonstel is geskik vir 4 volwassenes met 2 of 3 kinders, is smaakvol versier en het 'n ruim balkon. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra kampbed, bababed en matras is beskikbaar. Die slaapkamers het albei 'n en suite-badkamer en 'n aparte gastetoilet is ook beskikbaar. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Gaste moet hulle eie beddegoed en linne saambring vir die bababedjie, die kinderbedjie en die ekstra matras. Die daaglikse skoonmaakdiens sluit nie skottelgoedwas in nie.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en kookgerei. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer lei na 'n groot balkon met 'n gasbraai en sitarea. Kelderparkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit swem, die seelewe by die rotspoele verken, kajakroei, branderry, branderplankry, bootvaart en sonbaai in.

Slaapplek

'n Bespreking by Ballito Manor View 302 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 4 - Huisves 1 kind
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ballito Manor View 302 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 885 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false