Lawrence Rocks Akkommodasie by Balooga Flat 23 | LekkeSlaap
+27
+27

Balooga Flat 23

Selfsorg
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marinerylaan, Balooga 23, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Balooga Flat 23 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel in 'n kuskompleks in Margate. Dis naby Margate se strand, winkels en restaurante.

Dié woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ook 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar bring asb. eie strandhanddoeke saam. Die woonstel bied ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en tuimeldroër.

Die stoep bied 'n ingeboude gasbraai en 'n see-uitsig. Kinders kan op die grasperk baljaar. Die woonstel word daagliks skoongemaak, beddens word opgemaak, badkamers word skoongemaak, die vloer word gevee en die braai-area word skoongemaak.

Die kompleks het 'n muur reg rondom, outomatiese hekke en 24 uur-sekuriteit. Die kompleks bied ook 'n gemeenskaplike swembad en 2 oop parkeerplekke. Die kompleks is oorkant die strand en Margate se hoofstrand is 1,2 km ver. Daar is 'n hele klomp winkelsentrums, kroeë, restaurante en gholfbane in die omgewing. Margate se visvangpier is net 350 m van die woonstel af.

Slaapplek

’n Bespreking by Balooga Flat 23 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Marinerylaan, Balooga 23, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marinerylaan, Balooga 23, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqS0sk1GeYYjjIt1oUs0UAGZ4O82o3hY0GuWFfwnKP0ZeGfig0p?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) Marine Drive Balooga 23 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.867905263517 30.369800050926
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za