Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Baltimore

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oyster-rylaan 24, Boggomsbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 750 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Baltimore is 'n drieslaapkamerhuis wat uitkyk oor die see. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf en is dit is naby aan die strand geleë in die klein kusdorpie, Boggomsbaai, net suid van Mosselbaai.

Dié huis het 3 slaapkamers, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n aparte toilet en 'n oopplan-kombuis en eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n
dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kampbedjie. Die eetkamer-area het 'n eetkamertafel geskik vir 8 gaste en die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolf, 'n oond en stoof, 'n broodrooster, 'n ketel, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is 'n televisie met DStv. Die boonste balkon het pragtige uitsigte oor die see en gaste het ook toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Boggomsbaai is 30 km vanaf Mosselbaai geleë en nie te ver van Gouritsrivier af nie. Daar is nie winkels in Boggomsbaai nie, die naaste winkel is 9 km weg, in Vleesbaai. Die dorpie spog met 'n lang strand wat kilometers ver uitstrek, ideaal vir lang staptogte. As jy gelukkig is sal jy ook die voëllewe kan aanskou, spesifiek die Swarttobie, die tweede skaarste voël in Suid-Afrika. Hierdie deel van die kus is waar die
Swarttobie-staproete is. Dié staproete is 'n gewilde 5-dag staproete wat hoogaangeskrewe is regoor die wêreld, veral vir die see-uitsig en die
biodiversiteit op die roete.
Daar is talle besienswaardighede en aktiwiteite in en om Boggomsbaai, onder andere die Fransmanshoek Bosbewaringsgebied, die Tuinroete Wildsreservaat, die Tuinroete Nasionale Park, die Mosselbaai Gholfklub en walviskyk.

Slaapplek

’n Bespreking by Baltimore sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 16 resensies vir Baltimore
Netheid
4.1/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Wihan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Jaar gelys 8

Ligging

  • Oyster-rylaan 24, Boggomsbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Baltimore het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 750
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 750
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oyster-rylaan 24, Boggomsbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM3NmUxZjhhLTA3MzMtNGQwOC04OTNlLTE3YmJhOWY2ZjFjZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750 per nag, vir 6 mense 16 5 1 5 24 Oyster Drive Boggoms Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.265182300119 21.912996279762
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem