LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Baobab on Sea | LekkeSlaap
+18

Baobab on Sea

8 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Minerva-suidweg 15, Dolfynkus, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Baobab On Sea is 'n uitstekende gastehuis 'n paar minute van die strand, winkels en restaurante af. Dis ideaal vir somer- en wintervakansies in Ballito.

Gerieflike akkommodasie word in 5 dubbelkamers met 6 badkamers waarvan 3 en suite is gebied. Die kamers het elkeen lugversorging en bied sateliet-TV, 'n yskassie en 'n balkon met pragtige see-uitsigte. Gaste kan kyk hoe die bottelneusdolfyne in die water baljaar van die balkon af. Handdoeke en linne word voorsien.

Die leefarea en kombuis het 'n oopplan-uitleg sodat gaste lekker saam kan kuier. Die sitkamer en kombuis bied toegang tot 'n stoep met braaigeriewe en dit kyk oor die swembad en die see. Die volledige kombuis het al die nodige toebehore, basiese kookgerei en breekware. Wasgoedgeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die verblyf is ideaal vir familiereünies, damesnaweke of sametrekke. Baobab on Sea bied verblyf vir vakansiegangers en sakereisigers.

Baobab on Sea is ideaal geleë aan die Dolfynkus in KwaZulu-Natal, net 40 km noord van Durban, 20 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe en naby Sibaya Casino.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 8 resensies vir Baobab on Sea
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Minerva-suidweg 15, Dolfynkus, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Baobab on Sea het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Minerva-suidweg 15, Dolfynkus, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE1MDgzNDAwLWM0NTUtNDliMy1hNTQ2LWFkODIyZTYwZGQ0ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 4 15 Minerva South Road Dolphin Coast 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.541105556506 31.213783621788
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!