Greater Addo Akkommodasie by Barefoot Addo Elephant Lodge | LekkeSlaap
+42
+42

Barefoot Addo Elephant Lodge

Lodge
  • Vanaf R3 980 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Barefoot Addo Elephant Lodge is in die Groter Addo-streek, langs die Addo-olifantpark Nasionale Park, en net 'n entjie vanaf die Nelson Mandelabaai-metropool, geleë. Dit is 'n volledig omheinde reservaat wat malaria-vry en toeristevriendelik is. By hierdie lodge kan jy net ontspan of op 'n wildrit gaan, in die natuur stap of 'n geskiedkundige plek besoek

Verblyf word gebied in 10 unieke, ruim eenhede. Hierdie omgewingsvriendelike eenhede, wat op verhewe houtdekke gebou is, is perfek ontwerp om met die omliggende omgewing en bosveld saam te smelt. Die eenhede is ingerig met 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n ruim stort, 2 wasbakke en 'n aparte toilet. Groot skuifdeure maak oop op 'n houtdek met 'n private spa-bad. Ander geriewe in die kamer sluit 'n kluis, haardroër, plafonwaaiers, 'n vuurmaakplek en tee- en koffiemaakgeriewe in. Alhoewel daar nie TV's is nie, kan gaste gebruik maak van die WiFi.

Barefoot Addo Elephant Lodge bied verskeie doendinge. Op ons wildritte en stapsafaris kan jy wilde diere soos die kameelperd, sebra, wildebees en bokspesies van naby besigtig. Voëlkyk-entoesiaste sal ook verstom wees deur die talle voëlspesies in die omgewing.

Kenmerke

Afrikaans

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Alle Etes Ingesluit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Ligging

  • R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 980
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Greater Addo Oos-Kaap
Vanaf R3 980
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R3 980
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAR38jZJZLxJatTUw8BVLkM61QbOAenTDHZbsWcRGVxSDqEgpYER?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 980  per nag (vir 2 persone) R335 Addo 6105 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.297247155204 25.725173950195
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za