LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bayswater Lodge | LekkeSlaap
+100

Bayswater Lodge

Gastehuis
Naweekaanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag. Geldig vanaf 16 Okt 2020 tot 31 Jan 2021.

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wilcocks-weg 80, Bayswater, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R940 R846 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ons stylvolle 4-ster-gastehuis is in die noordelike voorstad Bayswater in Bloemfontein geleë. Bayswater Lodge bied gerieflike toegang tot alle hoofroetes en is 5 minute se ry van Bloemfontein se middestad af.

Ons bied 13 en suite-slaapkamers met baddens of storte. Daar is 9 slaapkamers met dubbelbeddens en 3 standaard kamers met 2 enkelbeddens elk. Van die kamers het direkte toegang tot die tuin of balkon. Ons het ook 'n selfsorg-gesinseenheid met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die kamer het ook 'n kombuisie wat met die standaard 2-enkelbedkamer kan skakel vir meer spasie of privaatheid.

In die somer is ons gaste welkom om by die lapa te ontspan, 'n drankie in ons landelike kroeg te geniet, 'n bietjie potspel te speel of in die swembad af te koel. Braaigeriewe is beskikbaar en die bestuur sal, indien versoek, 'n vooraf gereëlde vleisbraai vir vriende en kollegas verskaf.

Aangesien die Vrystaat berug is vir sy koue winters én baie warm somers, is daar elektriese komberse en lugversorging in al ons kamers en ons gaste is welkom om met 'n glas sjerrie voor die kaggelvuur saam met hul vriendelike gashere, vriende en kollegas te ontspan.

Ons bedien 'n volledige Engelse ontbyt.

Veilige parkeerplek word op die terrein verskaf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Bayswater Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Wilcocks-weg 80, Bayswater, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Bayswater Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R940
Vanaf R846
per nag (vir 2 persone)
was R940
Vanaf R846
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wilcocks-weg 80, Bayswater, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJ0Iv4s5LvC5CHRN8lVC6E6BoJ8lGktBbZ0WZZq1LnPvz0tiMV9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R940, nou Vanaf R846  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 80 Wilcocks Road Bayswater 9301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -29.08912 26.23594
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!