B&B in The Wilds

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 10 April 2020

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

B&B in The Wilds bied verblyf op 'n veilige landgoed in die ooste van Pretoria. Dit bied 'n gerieflike en netjiese eenheid vir sakereisigers, verkoopsmanne of gaste wat 'n pasiënt in die area besoek.

Dit is op 'n landgoed met 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer tot 2 dele. Die eenheid is apart van die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n enkelbed, 'n werkspasie, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Handdoeke en toiletware word voorsien.

Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n Heerlike vars kontinentale ontbyt is ingesluit. Die eenheid het 'n plafonwaaier, 'n LED-TV met OpenView-kanale, en gratis WiFi is beskikbaar.

Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eenheid het 'n paar trappe wat na die tuin lei en rook word nie in die eenheid toegelaat nie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Daar is 'n swembad en 'n tennisbaan op die landgoed en dit is baie veilig vir gaste wat op die landgoed wil gaan stap of draf.

Slaapplek

'n Bespreking by B&B in The Wilds sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na B&B In The Wilds gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 R483 per nag (plek vir 1)

Kry 30% af vir verblyf voor 10 April 2020

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za