Richmond Akkommodasie by Be Blessed Selfcatering | LekkeSlaap
+14

Be Blessed Selfcatering

  • Kapasiteit: 35 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat , Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R690 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Be Blessed Selfcatering is in die rustige dorpie Richmond in die Noord-Kaap langs die N1 geleë en is ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Gauteng. Ons perseel is omring deur veiligheidsmure en ons bied veilige parkeerplek, ;n swembad en klimraam vir kinders met 'n groot grasperk en bome waar jy en jou gesin kan ontspan. Ons het 'n groot perseel en bied ware Karoo-gasvryheid in ons 7 ten volle toegeruste selfsorg-eenhede in die sentrale Richmond-omgewing.

Ons 7 selfsorg-eenhede bestaan uit 'n verskeidenheid van kamers met dubbelbeddens, 2 tot 3 enkelbeddens, van hulle met 2 aparte slaapkamers en gesin-eenhede, elkeen met 'n ten volle toegeruste kombuis vir jou selfsorgbehoeftes. Die eenhede kan 4 tot 5 gaste akkommodeer en het braaigeriewe by die swembad, naby jou eenheid of by die gemeenskaplike braai-area in die tuin. Al ons eenhede het DStv en WiFi is beskikbaar op versoek. Jou troeteldiere is meer as welkom om saam te kom. Verskeie aktiwiteite en besienswaardighede is beskikbaar in die omgewing.

Let asseblief daarop dat ons eenheid selfsorg is en maaltye dus nie beskikbaar is nie. Besoek gerus ons ten volle gelisensieerde restaurant, Die Krip, by ons ander gastehuis in die nabye omgewing.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 114 resensies vir Be Blessed Selfcatering
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Kerkstraat , Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Be Blessed Selfcatering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R690
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 35 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat , Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAS3ytWfqgPaiJH2Rxbe90SvsQuIo7YfOVhMQ1lNOrX9T1ukW0UK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R690  per nag (vir 2 persone) 114 5 1 5 Church Street Richmond 7090 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -31.415465531509 23.947030305862
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za