10% af Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Apr 2020 tot 9 Apr 2020.
Amanzimtoti Akkommodasie by Beach Coast Accommodation | LekkeSlaap
+22

Beach Coast Accommodation

2 resensies
Selfsorg
  • Langtermynverblyf-aanbod - Kry 10% af
  • Vanaf R690 R621 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Kusweg 55, Amanzi 1805, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Beach Coast Accommodation is 'n selfsorgwoonstel op die 18de vloer van die Amanzi-gebou in Amanzimtoti geleë. Daar is 3 hysbakke en die gebou bied dus maklike toegang tot die woonstel vir ouer persone of persone met gestremdhede. Die woonstel het 'n 180°-uitsig oor die see vanaf die sitkamer en die slaapkamers. Dit is op die seefront met maklike toegang tot die strand en stapafstand vanaf die hoofstrand.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die badkamers het elkeen 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 mense en die sitkamer het 'n gemaklike bank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die volledige DStv-pakket is beskikbaar teen 'n addisionele koste of gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring.

Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en indien nodig, kan nog 'n oop parkeerplek gehuur word, maar dis onderhewig aan beskikbaarheid. Daar is gemeenskaplike braaigeriewe beskikbaar met tafels en stoele. Die gemeenskaplike swembad kan ook deur gaste benut word.

Slaapplek

’n Bespreking by Beach Coast Accommodation sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Kindermatras vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKindermatras vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Beach Coast Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kusweg 55, Amanzi 1805, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beach Coast Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R690
Vanaf R621
per nag (plek vir 6)

Sien meer verblyf in

Amanzimtoti KwaZulu-Natal
was R690
Vanaf R621
per nag (plek vir 6)
was R690
Vanaf R621
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Kusweg 55, Amanzi 1805, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQxFRT60a0tMqFTS4yPKJXjqHO6BJdtQxX1RQfQW9tXCrqcqQZF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R690, nou Vanaf R621  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 55 Beach Road Amanzi 1805 4125 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-19:00 08:00 -30.053434102803 30.886879008825
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za