Ballito Akkommodasie by Beach Forest Lodge | LekkeSlaap
+58
+58

Beach Forest Lodge

  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marionweg 13b, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Beach Forest Lodge is slegs 400 m van Ballito se strand af geleë met 'n pragtige uitsig oor die tropiese Pigeonwood Forest. Hierdie lodge is die ideale plekkie om te kom ontspan en van jou stres ontslae te raak in 'n rustige en vreedsame omgewing.

Beach Forest Lodge bied 4 ruim selfsorg-eenhede wat elk 'n eie ingang, privaat patio en braaigeriewe het. Die eiendom word omring deur 'n rustige en tropiese tuinparadys met 'n lieflike swembad-dek, 'n swembad en koi-visdammetjies wat 'n rustige atmosfeer skep. Al die eenhede beskik oor lugversorging, 'n platskerm-TV met DStv en WiFi.

Beach Forest Lodge staan op 'n heuwel en mens moet trappe klim om al die woonstelle te bereik, behalwe Yellowwood, wat op die grondvloer is. Milkwood het steil trappe aan die binnekant, so dit is nie geskik vir peuters en diegene wat sukkel om trappe te klim nie. Ons kan egter hekke vir die trappe voorsien,. Die groter eenhede is meer geskik vir gesinne as multi-besprekings deur verskillende paartjies.

Hierdie lodge is slegs 5 minute se stap van Ballito se strand, winkels, restaurante en kroeë af en net 13 km vanaf Durban se King Shaka Internasionale Lughawe. KwaZulu-Natal bied ideale vakansieweer dwarsdeur die jaar met luilekker somersdae en koel winternagte. Daar is 'n permanente Leefstyl Kosmarkie en verskeie uitstekende restaurante in die dorp.

Ons aanvaat nie groepbespreking of partytjies sonder die eienaar se toestemming nie.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 35 resensies vir Beach Forest Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Marionweg 13b, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beach Forest Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marionweg 13b, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkliMlfCYUxgvSsXUX7tZ1SzByECs1x80OmnzPBQIMX04dY3YHN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 13b Marion Road Ballito 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.53728 31.21862
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za