Selection Beach Akkommodasie by Beach Melody and Music | LekkeSlaap
+49
+49

Beach Melody and Music

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Newselstraat 2, Umdloti Beach, 4360, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Beach Melody and Music is 'n klein oord van Umdloti geleë, en bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 kothuise op 'n perseel met gedeeltelike see-uitsigte. Hier kan gaste 'n lekker skemerkelkie of braai geniet, voëlkyk of na die gedruis van die see luister.

Die eerste kothuis, Beach Melody, beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, aparte aantrekkamer en 'n en suite-badkamer. Die bed is oorgetrek met perkallinne en het gemaklike kussings. Daar is ook digte gordyne. Die kothuis beskik oor 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, asook 'n semi-oopplan-kombuis wat lei na 'n onderpatio waar gaste kan braai. Die kothuis kyk uit oor die tuin.

Die tweede kothuis, Beach Music, beskik oor 2 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die beddens is oorgetrek met perkallinne en het gemaklike kussings. Die kothuis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -ontbyttoonbank. Die kombuis het 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond.

Buite is daar 'n onderdak-eetarea met 'n ketelbraai. Die kothuis bied toegang tot 'n tuin met 'n see-uitsig. Die tuin word gedeel met die eienaar, hul honde en ander gaste. Daar is parkeerplek beskikbaar op die perseel vir 1 voertuig per kothuis, en het sowat 20 trappe wat lei na die kothuise vanaf die parkeerplek. Die perseel is 93 m vanaf die strand en bied maklike toegang tot plaaslike restaurante en winkels. Die Umdloti Spar het ook 'n tuk-tuk-diens.

Die perseel is 150 m vanaf die strand en Umdloti se strand waar almal branderplankry. Die eenhede is ideaal vir gesinne, enkelreisigers, sakereisigers en paartjies op soek na rustigheid.

Umdloti is net 27,2 km vanaf Durban se middestad en 11,1 kom vanaf King Shaka Internasionale Lughawe. Gateway winkelsentrum in Umhlanga is 11,8 km ver en Ballito is 23,4 km ver. Behalwe vir 'n Spar en restaurante, bied Umdloti ook 'n apteek, drankwinkel. boetiekwinkel, wassery en 'n slaghuis aan besoekers.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Beach Melody and Music
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Newselstraat 2, Umdloti Beach, 4360, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beach Melody and Music het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Newselstraat 2, Umdloti Beach, 4360, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAg9sUZP4DrdIpd2UBcSv5ubckiDnJhjnQEgvYNCprU6fsqhEe8E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 2 Newsel Road Umdloti Beach 4360 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -29.676204956051 31.114196588955
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za