LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Beach Villa Die Duyker | LekkeSlaap
+26

Beach Villa Die Duyker

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneiland-rylaan 2159, Ocean Villas Ingang 2, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Beach Villa Die Duyker bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike huis met 'n asemrowende uitsig oor die see.

Dié vierslaapkamerhuis is teen Pearl Bay-strand in Yzerfontein en bied direkte toegang tot die strand. Aan die regterkant van die huis is Sestienmylstrand en gaste kan Dasseneiland in die verte voor die huis sien. Daar is 'n swembad en 'n ontspanningsarea op die dek met 'n see-uitsig.

Die villa het slaapplek vir 8 gaste en word via 'n groot stoep met 'n standbeeld van Die Duyker, die villa se simbool, betree. Die ingang na die villa se oopplan-leefarea bied 'n uitsig oor Pearl Bay-strand, Dasseneiland en die Atlantiese Oseaan waar gaste soms dolfyne en walvisse kan sien. Die 17 oopvouvensters in die leefarea bied toegang tot die terras. Die oopplan-kombuis het 'n groot gasstoof, 3 oonde, 'n yskas met 'n ys- en kouewater-funksie en 'n eiland. Die eetarea is langs die kombuis en het sitplek vir 8 gaste. Daar is ook 'n ruim sitarea met 'n TV, sekere DStv-kanale en 'n oop gaskaggel wat albei areas verhit. Die opwasarea langs die kombuis het 'n dubbelwasbak, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Die eerste en suite-slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n groot sonstoep. Die tweede en suite-slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed. Die en suite-hoofslaapkamer en -gastekamer is op die boonste verdieping en het elkeen 'n ekstra lang koninggrootte-bed met 'n uitsig oor die see. Dié 2 slaapkamers bied toegang tot die terras en is die ideale plek vanwaar gaste kan kyk hoe dolfyne in die golwe baljaar. Die hoofslaapkamer het 'n groot hoekspieëlkas en 'n ruim badkamer met 'n dubbelwasbak, stort, toilet en 'n bad met 'n see-uitsig. Elkeen van die ander en suite-badkamers het 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n gastetoilet op die onderste verdieping.

Beach Villa Die Duyker is die ideale plek vanwaar Yzerfontein en die Weskus se pragtige strande besoek kan word. Die Weskus Nasionale Park is 21,2 km ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Beach Villa Die Duyker sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Beach Villa Die Duyker
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Dasseneiland-rylaan 2159, Ocean Villas Ingang 2, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Villa Die Duyker het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R6 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneiland-rylaan 2159, Ocean Villas Ingang 2, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5FTGKtqWzBfdS6pibQ2sxmZielp0OXhiJyd5PovkL7JfmWAm08?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 500  per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 2159 Dassen Island Drive Ocean Villas Entrance 2 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.366703601418 18.163938775463
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem