LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+42

Beachhaven Golf & Beach Estate



6 gaste

3 slaapkamers

4 beddens

3 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • 291 Sandhills Road, Prince's Grant Golf & Coastal Estate., Kwadukuza, 4450, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

Beachhaven Golf & Beach Estate is teen die Dolfynkus geleë met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan. Dit is net 40 minute van die lughawe af en net 55 minute noord van Durban.

Verblyf is beskikbaar aan 6 gaste en het 'n bababed of matras vir nog 'n kind of 2.

Daar is 'n omsetter en sonkrag wat tydens beurtkrag elektrisiteit bied. Die stoof en lugversorging sal nie tydens kragonderbrekings werk nie, maar die waaiers, gasoond en braaigeriewe is steeds beskikbaar.

Daar is 3 dubbelslaapkamers met lugversorging en wonderlike see-uitsigte.

Daar is ook 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die gesinsbadkamer het 'n instapstort, groot bad en 'n see-uitsig. Daar is ook 'n gastetoilet op die leefarea se verdieping.

Daar is 'n oopplan-leefarea op die tweede verdieping met 'n hoë plafon en 'n pragtige uitsig oor die see.

Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket, Netflix en 'n verskeidenheid DVD's. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien, 'n mikrogolfoond, Nespresso-koffiemasjien en 'n elektriese stoof en oond. Die verblyf het ook sonkrag en 'n omsetter wat as 'n rugsteunkragstelsel tydens beurtkrag dien.

Wit gehalte-linne, handdoeke, seep en ander geriewe word voorsien. Gaste moet net hulle eie strandhanddoeke saambring.

Op die grondverdieping is daar 'n versteekte snoekertafel met die nodige toerusting. 'n Plonspoel is beskikbaar op die privaat tuinterras. Daar is ook 'n dek in die bos met 'n ongelooflike uitsig oor die huis en die see.

Let asb. dat die selfoonsein swak is, maar die WiFi in die huis stel gaste in staat om WhatsApp- en Skype-oproepe te maak. Daar is ook 'n landlyn-telefoon waar gaste oproepe kan ontvang, of met 'n telefoonkaart oproepe kan maak.

Daar is privaat onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.

'n Skoonmaakdiens is op Maandae, Woensdae en Vrydae beskikbaar. Die skoonmaker is daagliks teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die eenheid is deel van die 5 ster-gholflandgoed, Prince's Grant en het toegang tot dié landgoed se geriewe wat gehaltesekuriteit, restaurant, kroeg, natuurroetes, sportgeriewe, fietsry, gemeenskaplike swembaddens en kinderspeelareas insluit. Op die landgoed is daar is 'n kroeg, restaurant, tennis- en muurbalbaan, 'n kinderspeelarea, kanoes, trapbote en "Fat Bike"-fietse. Daar is ook 'n voëlkykskuiling en 3 gemeenskaplike swembaddens. Joga, refleksologie, Cross-Fit en skoonheidsbehandelings is ook op die landgoed beskikbaar.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet


Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Anonieme gas
Lang verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2025

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Kathryn
Beachhaven Golf & Beach Estate
Thank you, Michael. Really appreciate it and hope you'll return soon!

Tomas P
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
4.0
Jul 2025

6/10 – It didn’t quite meet expectations. Pros: Great location – just a 5-minute walk to a quiet, peaceful beach. The 2nd floor/living area has a nice sea view. Cons: The ground level felt cold and lifeless. We didn’t use the space much, especially since we don’t play pool. The first floor had a cold, uninviting feel to it – it lacked the relaxed beach vibe we were hoping for. The dark wood finishes throughout this level contribute to the overall heaviness, and an interior update here might go a long way. On the second floor (main living area), a few kitchen items – such as the pan – are due for replacement. Several of the kitchen cupboards are in poor condition and require repairs. The grey suede couch and ottoman are quite worn. Overall, we enjoyed our stay, but compared to other places we've stayed in at a similar price point, we expected a bit more. It feels like the house is used frequently, and the wear and tear is starting to show.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Kathryn
Beachhaven Golf & Beach Estate
Dear Tomas, Thank you for taking the time to share your feedback - it's greatly appreciated. I'm delighted you enjoyed the location, the beach, and the sea views. I did try to reach out during your stay, so I'm pleased to receive your thoughts now. I understand that the wood finishes may not be for everyone, but the clear photos of our house should have alerted you to the interior style before booking. And you're absolutely right that the pool table isn't particularly useful if you don't play pool. Yet, it is only an optional extra located on the ground floor, which really isn't meant for general use as it's purely the entrance hall to the house. Regarding the kitchen, there are three frying pans - and we will replace the one that needs it and will look at the small couch too. Thanks again for your review, and I'm glad you enjoyed the peaceful beach location despite these concerns!

Cobus C
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Ongelooflik lekker! Fantasties! Perfek vir lekker gesinsvakansies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Heidi L
Kort verblyf ⋅ Gesin met tieners
4.2
Aug 2022

Beautiful location. Friendly and attentive hosts. Moth ball smell in the house was a problem for me.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Kathryn
Beachhaven Golf & Beach Estate
Hi Heidi, Apologies for the smell. A few bats gained access to the roof over the master bedroom, and the handyman decided moth balls would clear them. It wasn't meant to work against guests too! Kind regards, Kathryn


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Kathryn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 10 jaar

Antwoord gewoonlik binne 2 ure

Ligging

Gaste dink Beachhaven Golf & Beach Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 13:00 en 23:00
Uitklok Voor 11:00

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2 600 moet direk aan die eiendom betaal word.

'n Skoonmaakdiens is op Maandae, Woensdae en Vrydae beskikbaar. Thando is ook daagliks teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Gaste moet 'n eenmalige bedrag vir sekuriteitregistrasie per voertuig of bestuurder betaal en 'n ekstra fooi word deur die landgoed per ekstra volwassene gehef.

Die landgoed het uitstekende 24 uur-sekuriteit.
Dit is in 'n malariavrye deel van KwaZulu-Natal geleë.

Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R3 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R3 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek

291 Sandhills Road, Prince's Grant Golf & Coastal Estate., Kwadukuza, 4450, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXGEovyGl9TIQSSbk7QwknEdRVs4SeDB3fM5DAPAutHZMbp3kUA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 291 Sandhills Road Prince's Grant Golf & Coastal Estate. 4450 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-23:00 11:00 -29.343458903855 31.38284317791
Soek in 'n groter streek