Bayswater Akkommodasie by Bedrock Guesthouse | LekkeSlaap
+46
+46

Bedrock Guesthouse

13 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Normandielaan 93, Bayswater, Bloemfontein, 9305, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Bedrock bied gerieflike verblyf, in Normandie Laan, in Bayswater na aan die noordelike afrit tot die N1 in Bloemfontein. Ons is in die noordelike voorstede geleë en is na aan 'n winkelsentrum, wegneemete-restaurante, eetplekke, mediese geriewe en skole. Die gastehuis is in 'n stil, veilige tuinomgewing met volop voëllewe geleë. Die gastehuis is slegs 10 minute vanaf die universiteit en technikon en sowat 20 minute van die mees suidelike deel van Bloemfontein.

Dié verblyf is ideaal vir gesinne en sakereisigers. Hier kan jy tuisgaan in mooi gemeubileerde kamers, elkeen met DStv, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel en broodrooster, eetgerei en breekware. Die kamers het elkeen ook 'n privaat deur wat lei na die tuin.

Kamer 1 is 'n selfsorg-gesinskamer met 'n dubbelbed en 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer en kombuisie. Kamer 2, ook 'n selfsorg-gesinskamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, het 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie. Kamer 3 is 'n selfsorg-dubbelkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en kombuisie. Kamer 4, ook 'n selfsorg-gesinskamer het 1 dubbel- en 1 enkelbed, het 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie. Kamer 5 is 'n dubbelkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Kamer 6 is 'n dubbelkamer met 2 enkelbeddens en 'n gedeelde badkamer. Kamer 7, 'n gesinskamer, het 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens en 'n enkelbed met 'n en suite-badkamer. Kamer 8 is 'n gesinskamer met 3 enkelbeddens en 'n privaat badkamer.
Elke kamer kan ook as 'n enkel- of dubbelkamer bespreek word en elkeen is toegerus met 'n yskas, ketel, breekware, eetgerei, ens.

Daar is verder ook 'n verwarmer en 'n waaier in elke kamer. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien.

Ons bedien 'n volledige Engelse of Kontinentale ontbyt op versoek in die ontbytkamer. Dis nie in die tarief ingesluit nie. 'n Verskeidenheid wegneemetes van verskillende restaurante is ook beskikbaar.

Ons voorsien dienste soos wasgoeddienste op weeksdae. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ons het braaigeriewe beskikbaar aan weerskante van die huis en daar is ook 'n klein draagbare braai. Die tuin bied skaduwee en 'n oorvloed voëllewe. Daar is 'n plonspoel waar jy heerlik kan afkoel. Ons het 'n toegeruste kombuis beskikbaar in 'n Wendy-huisie vir gaste wat self wil kosmaak.

Rook is verbode in die eenhede. Daar is rookareas en asbakkies buite beskikbaar.

Die eienaar bestuur self die gastehuis en verseker dat alles onberispelik en op sy plek is. Ons kan ook voorstelle vir toere en ander besienswaardighede in en om Bloemfontein maak.

Kom en ervaar heerlike luuksheid teen sakpaspryse! Ons hoop om jou gou te sien!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.1 uit 5van 13 resensies vir Bedrock Guesthouse
Netheid
3.2/5
Diens
3.2/5
Ligging
3.4/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
2.5/5

Ligging

  • Normandielaan 93, Bayswater, Bloemfontein, 9305, Vrystaat
  • Gaste dink Bedrock Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Normandielaan 93, Bayswater, Bloemfontein, 9305, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA483f05ca91faf2778839d4a305fe361c39d37947b2abb60f4e3c71684808a0797b4346dd21be87b3b8de36d8497ba6c26715?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 2) 13 5 1 4 93 Normandie Avenue Bayswater 9305 Vrystaat 086 999 0018 14:00-21:00 09:00 -29.07972123498 26.236526370049
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za