Believers Destiny Getaway
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Believers Destiny Getaway is 25 km buite Swellendam in Heidelberg se rigting geleë en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dié plaasverblyf maak gebruik van sonkrag en gas.
Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede genaamd Meerkat, BushCat en Vlakvark. Vlakvark bied slaapplek aan 5 gaste in 2 slaapkamers. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet, baba-bad en 'n lae wasbak wat ideaal is vir kinders. Daar is ook 'n kombuis en 'n vierplaat-gasstoof, geen oond, eetgerei en breekware, tandestokkies, vullissakke, Sunlight-opwasmiddel en lappies. Die oopplan-woonkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel vir koue winteraande. Die huis is troeteldiervriendelik. Tref asb. vooraf reëlings vir troeteldiere en let asb. daarop dat 'n ekstra fooi vir troeteldiere gehef word. Op die patio is daar 'n houtvuur-warmbad en braaigeriewe met 'n braairooster.
Die Meerkat is ideaal vir 'n paartjie en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n ruim stort, bad, toilet en kenmerkende Meerkat-wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n vierplaat-gasstoof (geen oond), yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Skoonmaakmiddels word voorsien vir gaste se gerief. Die oopplan-woonkamer het gemaklike sitplek en 'n lekker kaggel vir daardie koue winteraande. Daar is ook 'n patio met braaigeriewe en 'n braairooster. 'n Houtvuur-warmbad waar gaste hul skemerkelkies kan geniet terwyl hulle uitkyk op die omliggende bergreekse is ook beskikbaar. Let asb. daarop dat die Meerkat nie troeteldiervriendelik is nie.
BushCat is 'n karavaan wat omskep is in 'n groter eenheid en het selfsorggeriewe, 'n privaat badkamer en 'n stoep met braaigeriewe asook 'n braairooster en 'n houtvuur-warmbad. BushCat bied slaapplek aan 2 gaste. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, eetgerei en breekware toegerus.
Al die eenhede het houtvuurwarmbaddens. Gaste kan ontspan en die berg-uitsigte en sterre in die aand bewonder.
Gaste sal op 'n lang stuk grondpad moet ry om by die huis te kom en moet dus asb. navraag doen oor die toestand van die pad voordat hulle bespreek.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
- Gaste dink Believers Destiny Getaway het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom