Bell Park Self-catering
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600 Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bell Park B&B and Self-catering is in Champagne Valley in die Sentrale Drakensberge geleë. Dit is op ’n klein, veilige plaas met ’n groot tuin met 'n uitsig oor die Bell Park-dam. Alhoewel die plaas bedrywig is, is dit steeds rustig en bied dit die ideale wegbreek.
Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede en 3 gastekamers by die hoofopstal gebied.
Die selfsorg-eenhede het slaapplek vir 2 en 4 en is volledig toegerus. Elke eenheid het 'n kombuis, eetkamer en leefarea.
Die woonstelletjie grens aan die hoofopstal, en beskik oor lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ’n kombuis, sitarea en eetarea.
In die hoofopstal is daar 3 gastekamers, 1 met ’n en suite-badkamer en ’n koninggrootte-bed, en 2 met 2 enkelbeddens en toegang tot hul eie badkamers langsaan. Elke kamer beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale. Tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar.
'n Volledige Engelse ontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar en word elke oggend in die sonkamer met 'n uitsig oor die dam bedien.
Champagne Valley bied verskeie restaurante, kroeë en koffiewinkels, kwintwinkels, spa-behandelinge, voetslaanpaaie, perdry, gholf, visvang, ’n avontuursentrum, ’n boomtoptoer, mini-gholf, vierwielmotorfietsritte, helikopter-ritte, bootritte, swem, Falcon Ridge Bird of Prey-sentrum, en Drankensberg Seunskoor. Die dorp Winterton is sowat 28 km ver.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R600 Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Bell Park Self-catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Champagne Castle Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600 Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom