Clarens Akkommodasie by Bella Vista | LekkeSlaap
+24

Bella Vista

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 21 resensies vir Bella Vista
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5
Justeyn V - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Justeyn V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik, skoon en netjies. Ligging is fantasties met uitsig op berge. Gasvrou baie vriendelik en behulpsaam.

Sien sterre.

Jaco V - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitmuntend, maar skraal aan warm water en geen DStv-kanaal 144 nie.

As ons nie spesifiek eers warm water in die lekker bad in getap het nie sou ons koud gebad het. Het bad so 1/4 tot 1/3 vol getap. Pragtige plek.

Bella Vista's terugvoer

Beste Jaco

Baie dankie vir jul terugvoer. Elke woonstel het sy eie geyser, en sal ons beslis kyk wat die probleem is. Ons het 12 DStv pakette en kan eenvoudig nie bekostig om kanaal 144 by te sit nie, jammer daaroor.

Vriendelike groete
Leana Hay

Bella Vista
Britt R - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Britt R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi, rustig en gerieflik.

Ons het heerlik gebly.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Beautiful and peaceful, neat and comfortable.

We had an awesome experience.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Yolanda D - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Yolanda D
Gesin met tieners

Dit was 'n onvergeetlike ervaring.

Die eenheid was toegerus met alles en nog. Dit was netjies, skoon en baie mooi. Die ligging is asemrowend en baie naby alles in die dorp. Ons het as gesin so lekker gekuier elke aand na 'n vol dag se avonture buite. Ons sal enige tyd Bella Vista vir vriende en familie aanbeveel.

Simphiwe N - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Simphiwe N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wow what a lovely place home away from home.

Lovely place with privacy quite clean and provided us with heaters, fire place and really warm apartments. I will definitely recommend Bella Vista.

Bella Vista's terugvoer

We are delighted if our guests enjoy their visit. Thank you.

Bella Vista
Shereen L - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shereen L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflik baie lekker.

Dit was 'n ongelooflike lekker plek sal gerus weer gaan.

Japie K - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Japie K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Daar is baie goed na ons omgesien. Die eenheid was silwerskoon en elke dag gediens. Tuin in 'n baie netjiese toestand en word gereeld gediens. Leana Hay en haar span het ons baie welkom laat voel. Baie dankie Bella Vista!

Hannelie P - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hannelie P
Gesin met klein kinders

Lekker.

Hulle moet gaan kyk na die wateruitvoer van die bad in nommer 1. Mens staan in jou vuil water en stort, want dit tap nie uit nie.

Bella Vista's terugvoer

Hallo Hannelie,

Baie dankie dat jy hierdie onder ons aandag bring. Dis so jammer jy het nie dadelik vir Florina gesê nie, want ons het middels wat ons ingooi wat die probleem gou oplos.

Vriendelike groete,
Leana Hay

Bella Vista
Johan W - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies en stylvol.

So 'n jammerte dat die kuierplek/restaurant hoër op in die straat is. Tot 2 uur in die oggend harde musiek gespeel oor 'n naweek. Dit maak afbreuk aan die rustige atmosfeer wat eens daar geheers het. Sal twee keer dink voor ek oor 'n naweek daar oorslaap.

Elrisha D - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elrisha D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beautiful view.

Very peaceful and great service.

Pieter U - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Pieter U
Gesin met klein kinders

Wegbreek wat jou van die gejaag van die lewe laat vergeet.

Baie lekker gewees. Sal graag weer wil gaan en sal dit beslis vir vriende en familie aanbeveel.

Christo K - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christo K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik en baie gerieflik.

Alles was in orde. Net sjampoe on die badkamer het gekort. Ons het niks saamgeneem nie omdat daar gewoonlik is, maar daar was net seep.

Lourensa B - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
5/5
Lourensa B

Skoon, modern en nuut.

Bella vista Huisie 1 het 2 beddens in die sitkamer wat vir kinders of 'n baie ligte vrou bedoel is. Bad nie geskik vir bejaardes nie. Daar is diefwering voor vensters wat oopmaak en 'n veiligheidshek by die voordeur, maar om die kompleks is daar net 'n baie lae muurtjie. Klank van die hotel anderkant die straat se lugreëling pla 'n bietjie. Voordele is asemrowende uitsig van berge uit al die vensters, pynlik netjies, puik linne, alles nuut. Net 'n blok van die plein af, so dis net 'n paar minute se stap.

Fredriche S - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fredriche S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Verblyf is baie gerieflik geleë.

Baie netjies en skoon. Definitief waarde vir geld. Sal dit vir enige iemand aanbeveel.

Johan W - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johan W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige, netjiese stylvolle plek.

Ons het ons verblyf baie geniet, die plekkie is netjies en stylvol met alle basiese benodigdhede. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Ons sal hierdie blyplek beslis aanbeveel.

Neil O - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Neil O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi en gerieflike ligging.

Bella Vista bied 'n pragtige blyplek met al die nodige geriewe. Ons plek was skoon en baie gerieflik ingerig, ligging is ideaal.

Elretha Z - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elretha Z
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, netjies waarde vir geld, beslis 'n plekkie wat ek weer sal gebruik.

'n Lieflike rustige plekke wat in die fotos en werklikheid dieselfde is. Kamer is gerieflik en modern en als wat jy benodig beskikbaar het. Sal beslis aanbeveel en weer besoek. Ligging is gerieflik.

Petra C - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Petra C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik, gemaklik, veilig, modern.

Ons het 'n baie lekker tydjie in Clarens asook Bella Vista gehad, die plekkie het ons verwagtinge oortref. Ons sou net graag 'n toesluit-garage wou gehad het, maar nietemin was ons kar veilig en het ons geen verliese gely tydens ons besoek nie.

Felecity W - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Felecity W
Gesin met tieners

Uitstekend!

Baie gerieflik, in loopafstand in 'n pragtige dorp met baie om te doen. Baie Dankie!

Mande L - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mande L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons gunsteling, lekkerste en beste sover in Clarens!

As jy 'n paartjie is wat wil wegkom op jul eie en naby alles wees in Clarens, is Bella Vista 2, die eenheid vir jou. Dis top klas ingerig, romanties, privaat, warm en knus. Die ovaal bad is 'n wenner en die uitsig vanaf die dek sielsverrykend. Dankie Leana, ons sien julle vir seker weer!

Joane O - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joane O
Enkelreisiger

Baie aangenaam.

Dit was aangenaam, goed toegerus. Die hout wat ek gekry het elke dag was 'n bonus. Dit was lekker warm in koue weer. Dit is goed geleë. Ek het die plek regtig geniet. Al wat nie duidelik was nie was hoe die sleutels aan my "oorhandig" sou word. Dit kan dalk duideliker aan gaste gemaak word.

Bella Vista's terugvoer

Beste Joane
Baie dankie vir jou vriendelike terugvoer. Ek sal die reëling met die sleutels wat by die deur gekry word meer breedvoerig verduidelik om dit makliker te maak. Ons hoop om jou weer te verwelkom!

Vriendelike groete
Leana Hay

Bella Vista
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 701, Clarens , 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3MmQ4MDUyLWMxMDctNGQwYS04ODZjLTZlNTgzYzI3N2UyOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 701 Church Street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -28.512860583399 28.421110915344
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za