- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karelstraat 88, Schoemansville, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 075 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Soos ons naam voorstel is 'n pragtige uitsig wat gaste hier te wagte kan wees, maar tog is dit nie al bederf wat ons vir gaste bied nie. Ontsnap uit die gejaag van die stad en kom ontspan by die Hartbeespoortdam in Noordwes!
By Belle Vue Gastehuis bied ons gaste egte Suid-Afrikaanse gasvryheid en gehaltediens. Die gesellige atmosfeer sal jou dadelik laat tuis voel en dit maak nie saak of jy hier is vir sake, plesier, een aand, 'n week of langer nie: Ons plek sal aan jou behoeftes voldoen. Ons het 6 pragtig gestileerde kamers wat al die gemak vir 'n goeie nagrus belowe.
Stop die hele gesin in die motor en kom kuier bietjie hier by ons. Gaan verken die area en ervaar al die lekker dinge wat hier is om te doen. As jy lus het om iemand spesiaal te bederf is die wittebrood-suite die ideale kamer om te bespreek.
Skop die dag af met 'n heerlike ontbyt wat soggens in die eetkamer bedien word. Jy kan ook buite op die balkon sit en die ongelooflike uitsig oor die dam indrink terwyl jy op hoogte bly met jou werk of op die Internet rondsnuffel met die WiFi-toegang.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Karelstraat 88, Schoemansville, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Gaste dink Belle Vue Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Schoemansville Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karelstraat 88, Schoemansville, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom