Belvedere Estate Luxury Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Belvedere Estate Luxury Guest Lodge is 'n lieflike gastehuis waarvan die ontwerp aan dié van 'n Italiaanse dorpie herinner. Die lodge is in 'n tuin van sowat 'n hektaar in Midrand, Gauteng geleë. Belvedere Estate, met sy keisteenpaadjies en fonteine, is voorwaar een van die mooiste plekke vir 'n vakansie-wegbreek.

Elke kamer in die gastehuis is gerieflik en knus. Meeste het 'n kaggel en 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas en alle geriewe wat jy sou benodig.

'n Stewige Engelse ontbyt is by die tarief ingesluit. Ons bedien ook tuis-voorbereide aandetes op versoek en het iets vir elke smaak.

Die hoofhuis kyk oor die pragtige tuin uit. Ontbyt, middag- en aandete kan onder die lapa, langs die swembad of in die eetkamer bedien word.

Belvedere Estate bied ook die volgende: daaglikse skoonmaakdiens, wasgoeddiens, 'n braai-area, veilige parkeerarea, ontvangspersoon tydens besigheidsure, veiligheidswag en pendeldiens na en van die lughawe op versoek.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Belvedere Estate Luxury Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za