LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bergland Accommodation | LekkeSlaap
+154

Bergland Accommodation

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bergland Akkommodasie, Apiesklip, Worcester, 6849, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bergland Accommodation is op 'n vrugteplaas aan die voet van die Olifantsberg geleë, sowat 15 km vanaf Worcester en 'n uur se ry vanaf Kaapstad. Bergland bied ook 'n pragtige trou-venue met onbelemmerde uitsigte oor die Breederivier.

Die verblyf beskik oor 10 slaapkamers, 'n tweeslaapkamerkothuis en 4 chalets.

Die slaapkamers is langs een van die plaasdamme en is met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens met wit gehaltelinne en handdoeke ingerig. Elke kamer het sy eie privaat en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kothuis het 2 slaapkamers en is omring deur wingerde en dit het 'n berguitsig. Die slaapkamers skakel aan mekaar met die gedeelde en suite-badkamer. Elke kamer het 'n dubbelbed, tee- en koffiemaakgeriewe, wit gehaltelinne en handdoeke. Dit is ideaal vir die bruidsparty om die aand voor die troue oor te slaap. Let net op, hierdie eenheid het geen kombuis nie.

Die eenslaapkamer chalets word ook omring deur die wingerde en dit het pragtige berguitsigte. Die chalets het elkeen 1 slaapkamer met 'n dubbelbed 'n leefarea met 'n enkelbed. Linne en handdoeke word voorsien. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, broodrooster, mikrogolfoond, elektriese braaipan, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die chalets het nie privaat badkamers binne nie, maar maak gebruik van die stylvolle badkamers net buite die eenhede. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die chalets met 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Linne en handdoeke word voorsien. Hulle het elkeen 'n oopplan-kombuis en -sitkamer en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster, elektriese braaipan, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die plaasstyl lapa is aan die oewer van die plaasdam net 'n paar treë van die verblyf af. Die lapa het gemeenskaplike kombuisgeriewe vir al die slaapkamers. Geniet 'n funksie of geleentheid met die majestueuse berge in die agtergrond.

Die lapa het 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en opwasgeriewe.

Geniet die rustige atmosfeer met verskeie voetslaan- en bergfietsroetes om te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Bergland Accommodation
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Bergland Akkommodasie, Apiesklip, Worcester, 6849, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bergland Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bergland Akkommodasie, Apiesklip, Worcester, 6849, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd88b8f915ca5cda81a91c5fbf43818adafaacaebccfa2408707d13fc18e372d60f54b773cc5ec8864bbb1d68498c057ef307?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 19 5 1 5 Bergland Akkommodasie Apiesklip 6849 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.586647231779 19.370053747364
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!