Bergvlei Country Cottage
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Labella Esperanza Plaas, Luneburg, Wakkerstroom, 3183, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 900 per nag (vir 10 persone)
Beskrywing
Bergvlei Country Cottage is versteek tussen berg en vlei in die ongerepte platteland van Mpumalanga, net 45 km buite Wakkerstroom. Dié bekoorlike kothuis is die ideale wegbreekplekkie vir diegene wat wil ontsnap van die gedruis van die stadslewe.
Die kothuis het 2 slaapkamers onder, een met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die ander met 2 enkelbeddens. Albei kamers het uitsigte oor die dam en op die berge. Die kothuis bied ook nog 'n badkamer, asook 'n oopplan-kombuis, -eetrarea en -leefarea met 'n kaggel. Bo is daar ook 'n oop solderarea met 3 enkelbeddens aan die een kant, 'n klein sitarea in die middel en nog 3 enkelbeddens aan die ander kant. Stort- en badgeriewe is beskikbaar.
Die stoep bied manjifieke uitsigte oor die nabygeleë dam waarin gaste heerlik kan afkoel op warm somerdae. Gedurende die winter kan gaste weer lekker snoesig opkrul op die gemaklike rusbanke voor 'n knetterende kaggelvuur.
Avonturiers en voëlkenners sal in hul noppies wees met die talle voetslaanroetes in die berg en die verskeidenheid voëls wat die vlei hul tuiste noem. Gaste wat minder aktief is, sal dit net so baie geniet om 'n skemerkelkie of twee te geniet op die rand van die berg met uitsigte oor die vallei wat onder dit wegval, of op die stoep met 'n goeie boek, of jy kan selfs luilekker op die dam in ons trapbootjie rondseil.
Die kothuis het sonpanele vir lig en 'n gasstoof en -yskas. Water word verhit deur gas of 'n vuur. Ongelukkig is hier geen selfoonontvangs nie, maar dit beteken net dat jy heeltemal van die samelewing kan wegbreek en net weer jou eie batterye laai.
Slaapplek
’n Bespreking by Bergvlei Country Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
- Zoeloe
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Labella Esperanza Plaas, Luneburg, Wakkerstroom, 3183, Mpumalanga
- Gaste dink Bergvlei Country Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Labella Esperanza Plaas, Luneburg, Wakkerstroom, 3183, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom